Gids tot aankope PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:38
Untitled Document

Naomi Lubbe van Cullinan skryf: 
Baie dankie vir ’n puik glanstydskrif (en dit heeltemal verniet). As nuwe intrekkers was dit werklik ons gids tot aankope en dienste. 

Nooit het ek gedink ek sal advertensies so noukeurig lees nie. Nou-ja, toe doen ek dit! 

Kan nie wag vir elke maand se uitgawe nie. Ek en my eggenoot maak beurte; elkeen mag ‘n uur lees, dan is dit weer die ander een se beurt. 

Ons geniet veral die geskiedenis-artikels en kommentaar van Vreethans en sy metgesel van al die lekker eetplekke. Mag hierdie lekker lees nooit ophou nie.

 

© 2018 Die/The Bronberger