Dankie, vuurvegters PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:37
Untitled Document

Hendrik en Anna Smit van Doornkraal skryf:
Ons plaas Doornkraal het op 31 Julie afgebrand – ongeveer 90 hektaar is verwoes. Gelukkig het ons wonderlike bure wat gehelp het om die vuur te probeer blus.


Die brand het verwoesting gesaai

Daar was glad nie meer weiding vir die beeste nie. Danksy al die boere in die omgewing wat bale geskenk het, het ons beeste nou weer voer.

Ons wil net dankie sê aan almal wat gehelp het met die vuur en aan diegene wat bale geskenk het. Dit help ons baie. Baie dankie!

 

© 2018 Die/The Bronberger