Afrikaans afwesig PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:36
Untitled Document

Hannes Viljoen van die Bronberg-gebied skryf:
Ek wou al lankal skryf om baie dankie te sê vir die Bronnie wat getrou elke maand kosteloos en in Afrikaans aan ons gelewer word. Sodra elke uitgawe deur almal in ons huishouding gelees en geniet is, begin ons al uitsien na die volgende Bronnie.

Baie dankie vir al die moeite wat deur julle gedoen word om vir ons ’n besonderse eie tydskrif te lewer.

Veral dankie vir die goeie Afrikaans waarin ons gebeure en nuus van ons omgewing en al die ander interessanthede in ‘ons boekie’ van gehalte kan lees.

Ek sien terloops die geringskatting en miskenning van Afrikaans het blykbaar nou ook by Absa posgevat. ’n Nuwe bankmasjien in ons omgewing gee iets soos ses of sewe opsies van tale waarin jy gehelp kan word. Zoeloe, Duits, Portugees en ander tale kan jy kies, maar Afrikaans skitter in sy afwesigheid. Mooi so Absa, so het julle nog ’n kliënt verloor.

 

© 2018 Die/The Bronberger