Bianca vorder goed PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 July 2018 20:01
Untitled Document

Bianca Fourie vorder goed ná die onlangse hoë-risiko ruggraat-operasie wat haar lewe gered het.

Verlede maand het ons berig dat dié 16-jarige meisie sou sterf as sy nie die operasie, wat onbekostigbaar duur is sonder ’n mediese fonds, gekry het nie. Sy het gely aan skoliose (ruggraatverkromming) en kon nie meer behoorlik asem kry nie, omdat haar ruggraat al 130 grade gebuig was, wat beteken het dat daar nie plek in haar borskas was vir haar longe om behoorlik te werk nie.


Bianca Fourie

Ná ’n fondsinsamelingsproses waaraan lesers van Die Bronberger deelgeneem het, is die operasie teen ‘n fraksie van die koste by Life Faerie Glen hospitaal gedoen.

Bianca is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by die huis aan. “Sy doen sover baie goed,” sê haar tannie, Annetjie Opperman. “Of sy sal kan terug gaan skool toe die komende termyn, kan ons ongelukkig nog nie sê nie.”

Bianca sien haar dokter weer op 18 Julie en meer breedvoerige inligting oor haar vordering en opvolg operasies sal dan gegee word.

 

 

© 2018 Die/The Bronberger