Man vermoor in veiligheidsoord PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 July 2018 19:59
Untitled Document

‘n Inwoner van ‘n veiligheidskompleks in Olympus is onlangs wreed by sy woning vermoor.

Lize Moreland het op 2 Julie op haar man, Ronald, se lyk in hulle tuin in die kompleks afgekom.

Die 46-jarige Ronald het saam met sy seun, Martin, ‘n IT-onderneming bedryf. Hy was dié Maandag alleen by die huis vanwaar hy gewerk het. Toe Lize kwart voor ses die aand by die huis stilhou, was geen ligte aan nie. Die veiligheidshek en skuifdeur het effens oopgestaan en sy het Ronald op die grasperk gekry.


Ronald Moreland en sy vrou, Lize
Foto: Verskaf

Sy vertel dat dit gelyk het of hy slaap, maar toe sy nader beweeg het sy bloed gesien. Daar was kabelbinders om Ronald se nek en kneusplekke op sy voorkop, asof hy gesleep en geslaan is.

Lize se bure het haar te hulp gesnel toe sy gegil het en hulle het die polisie ontbied.

Lize het gesê dat haar man ‘n kalm mens was, wat ander altyd wou help. Hy was nie aggressief of ‘n bakleier nie en sy kan nie verstaan hoekom iemand hom sou wou doodmaak nie.

Niks is uit die huis gesteel nie en daar was geen tekens dat iemand in die huis was nie. Selfs Ronald se selfoon was nog in sy kantoor op die boonste verdieping van die huis

 

 

© 2018 Die/The Bronberger