Groot beloning uitgeloof ná kaping PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 July 2018 19:56
Untitled Document

‘n Beloning van R100 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die aankeer van verdagtes wat een van Petra Diamonds se veiligheidswagte gekaap en ‘n ander vermoor het.

Dié diamantmyn op Cullinan se woordvoerder, Gert Klopper, sê dat Salang Phillimon Fohlisa en Walter Matihomala Monti op 8 Julie op ‘n roetine-patrollie was toe hulle voertuig deur drie onbekende aanvallers gekaap is.

Salang is geskiet en die aanvallers het met Walter in die voertuig weggejaag. Walter is later vrygelaat. Hy is nie in die voorval beseer nie, maar is erg getraumatiseerd en ontvang berading.

‘n Saak van kaping, ontvoering en moord word deur die Cullinanse Polisie ondersoek. As jy inligting het, bel die polisiestasie by 012-734-0751.

 

© 2018 Die/The Bronberger