Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul2018 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 20 July 2018 19:51
Untitled Document


NG Gemeente Tygerpoort hou ‘n gemeentefees van 4 nm tot laat op 24 Augustus. Elvis Blue gaan optree en besoekers kan uitsien na ‘n aandmark, koskraampies en ‘n kinder pretpark. Besoek www.ngtyger.com vir meer inligting of skakel 012-809-0107 in die voormiddag. Die kerk is in Henryweg 51, Shere, uit met Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg).

~*~

SAPD Boschkop hou op 8 Augustus om 7 nm ’n ope landelike beveiligingsvergadering by Rosemary Hill, GPS: -25.790934. 28.431098. Alle landelike inwoners is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting, bel ao Wynand van der Merwe: 071-675-5505.

~*~


NG Gemeente Welbekend hou op 4 Augustus ‘n ‘Country’-fees. Daar gaan ‘n veiling, potjiekoskompetisie, fietsry, ‘n wit olifanttafel, kraampies en springkastele wees. Die fees is van
8 vm tot laat. Bel Stefnie by 082-389-3299. Die kerk is op die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad (R25), ongeveer 3 km noord van Bapsfontein.

~*~


Chris Chameleon tree op Vrouedag, 9 Augustus om 12.30 op by Jan Harmsgat se agterplaas in Oaklaan, Cullinan. Kaartjies kos R165 per persoon. Bespreek by 082-255-2465.

~*~


Die organiseerders van die Fijnwyn wynfeeste bied op die Vrouedag-vakansiedag, 9 Augustus, die Gin & Kie-fees aan. Besoekers kan uitsien daarna om kraft gin, whiskey, brandewyn en bier by Shokran in Tierpoort te proe. Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by www.itickets.co.za. Bel Charmaine: 082-335-5659, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.fijnwyn.co.za. Shokran is op plot 99 Luiperdstraat, Tierpoort.

~*~


Galagos hou op 18 Augustus om 2 nm ‘n glans geleentheid met mode, kos en musiek. Beleef die internasionaal bekroonde Marlize Coetzee Boschoff se verbeeldingryke, trots Suid-Afrikaanse handgemaakte ontwerpe en staan ‘n kans om ‘n rok ter waarde van R21 000 deur Immagika Creative Design los te slaan asook R30 000 afslag vir ‘n troue by Galagos. Die modeparade word afgewissel met musiek, sjampanje en versnaperings. Skakel 082-823-1812 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Join Friends of the Faerie Glen Nature Reserve for a geology walk with prof Adam Bumby on Saturday 4 August at 10 am. Meet on the lawn in front of the reserve’s entrance building and take a hat and water. The walk costs R50 for non-members. The next invasive plant hack is held on
19 August from 7.30 am. Take your pruning loppers, hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. Contact Louise Kritzinger at 072-275-0614 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

~*~


Cullinan Junction hou Kersfees in Julie op 28 en 29 Julie. Elke winkel in dié plek gaan spesiale geskenke te koop aanbied en besoekers kan uitsien na antieke ware, versamelaarsitems, wynproe op ‘n Duitse Kersfeestema en volop heerlike eetgoed. Skakel 072-791-4218, 081-584-3843 of 083-646-3686.

~*~


ValleiPartei se KinderKarnaval is op 25 Augustus. Die dag begin om 8 vm met die amptelike opening. Daar is ‘n honde-opleidingsvertoning om 9.30 vm; trompoppies van Laerskool Garsfontein om 10.15 vm; danspassies met ‘n verskil om 11 vm; trompoppies van Laerskool Constantia Park om 11.30 vm, ‘Amazing Race’ om 12 uur en musiek vanaf 1 nm. Toegang is gratis en besoekers kan uitsien na verskeie kraampies, soos wit olifant, kinderaktiwiteite en ‘n veiling. Buite-uitstallers is welkom. Skakel die kerkkantoor by 012-991-1542 voor 1 nm op werksdae.

~*~


Windpomp se volgende mark is op 28 Julie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


‘Fridays @ The Collection in market style’ is held every Friday from 5 to 9 pm with live music, fun for children, mini train rides, food and drinks. Entry is free. Phone them at 012-993-3638. The venue is at 5 Boendoe Avenue, out with Garstfontein Road, just after Woodlands Shopping Centre. Look out for the red DKW car or blue vintage Dodge.

~*~


Die Taaibos July word op 21 Julie vanaf 7 nm by Arcade Empire gehou. Dit is Huis Taaibos se sewende jaarlikse July en ‘n verskeidenheid groepe gaan optree, van Monark, Rubber Duc, Jerry And The Bandits en DJ Speedsta SA tot Chunda Munki en Nicky Leathern. Kaartjies kos R130 by die deur. Die plek is in The Highway Street, Equestria. Skakel 082-449-5144.

~*~


Die Diamant Kamer van Koophandel hou op 25 Julie van 12 uur tot 4 nm ’n sake-middagete by Destiny Lodge, Cullinan. Die tema is hoe om ’n miljoen Rand (of meer) op alternatiewe maniere vir jou onderneming te maak. Theo Vorster van Galileo Capital lei die gesprek met ‘n paneel van deelnemers wat John Fogwell, KK Diaz en Kobus du Plessis insluit. Kaartjies kos R220 per persoon. Bel Magriet Visagie: 012-305-2501 of 083-679-0640 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Jan Bloukaas en PHFat tree op 27 Julie op by Rafters. Kaartjies kos R100. Karlien van Jaarsveld is op 3 Augustus aan die beurt en haar kaartjies kos R120. Daarná is dit Snotkop op 10 Augustus en kaartjies kos R120. Rafters is op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat. Skakel 071-610-2132.

~*~


Klipwerf tree op 27 Julie by Weiveld op en kaartjies kos R70. Arno Jordaan is op 4 Augustus aan die beurt teen R70 per persoon. Daarná is dit Ghapi teen R70 toegang op 10 Augustus. Sitplekke moet voor 7.30 ingeneem word. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


Die Stroomop Inspirasie Damesdag word op 9 Augustus vanaf 9 vm tot 12 uur en weer van 1 nm tot 4 nm by die Atterbury-teater gehou. Ná afloop van die inspirasie-aanbieding kan die film op die grootskerm by alle teaters gekyk word. ‘Stroomop’ vertel ’n verhaal van lewe en dood, vriendskap, selfontdekking, vergifnis en genesing. Die vyf vroue in die film word deur Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Ilse Klink, Chanelle de Jager en Carla Classen vertolk. Kaartjies kos R260 en sluit drie sprekers, vyf sangers, eet- en drinkgoed, geskenksakkies en groot pryse in. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Country Skouspel is op 18 Augustus om 1 nm by die Rockwood-teater. Kunstenaars strek van Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Sally Vaughn, Jody Wayne en Manie Jackson tot Bernie Williams, Armand Thunder Merwe, Jason Bradley, Christo Louw, Liane Heyl en die Rodeo Girls. Kaartjies kos R130. Die teater is in Garstfonteinweg, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.

~*~

Conrad Herbst van Global Animal Supplies in Mooiplaats het laat weet dat die veearts wat altyd op hulle perseel was, getrek het. Daar is nou ‘n plek beskikbaar en hy wil dit gratis aanbied vir iemand wat ‘n onderneming wil begin wat iets met diere te doen het, soos ‘n hondesalon. Bel Conrad by 082-829-7386.

~*~


Optredes by die Premier Cullinan Hotel se Timeless Cafe, sluit in: Greg Georgiades op 22 Julie; Bachus Nel en die Lonesome Rangers op 29 Julie; Diamond Jazzklub op 5 Augustus; en verskeie vrouekunstenaars met ’n kaas-en-wyn geleentheid op Vrouedag, 9 Augustus. Die Cullinanse Hotelstraatmark is elke Sondag van 9 vm tot 3.30 nm. Skakel 083-601-2494 of 012-734-1810.

~*~


Die Albert Frost Trio se Wintertoer skop op 31 Julie om 8 nm af by die Atterbury-teater. Die SAMA-bekroonde sanger en kitaarspeler, Albert Frost, staan bekend as die Suid-Afrikaanse Hendrix. Kaartjies kos R150. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Die Premiermyn Hervormde Kerk, Cullinan hou op 1 September van 8 vm tot 3 nm ‘n Hippie Lentefees. Daar gaan vetkoek, pannekoek, skaapkerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg, gebak, groente, tombola, skyfskiet, ‘n skattejag, speletjies vir jonk en oud en ontbyt wees. Die aand voor die tyd, 31 Augustus, gaan pap en kaiings beskikbaar wees. Die gemeente se 50-jarige bestaan word met dié fees gevier. Bel Alta by 082-682-1252 of Dina by 082-410-6823. Die kerk is in Zonderwaterweg, Cullinan, oorkant die landdroshof.

 

© 2018 Die/The Bronberger