Dit spook glo by die vergete
Britse prins se graf in Pretoria
se Kerkstraat-begraafplaas.
In Die Bronberger se Maart-uitgawe
het ons vertel dat koningin Victoria
se gunsteling kleinseun, prins
Christian Victor, meer as ’n honderd
jaar gelede hier in ’n beskeie soldategraf
begrawe is.
Intussen het nuwe foto’s oor dié
prins se sterfte in
ons besit gekom.
Die foto’s wys hoe
Prins Christian
Victor se kis, die
tent waarin die kis
in staatsie gelê het,
die prins se sterfkamer
en die prins
se graf voor die
grafsteen opgerig
is, gelyk het.
Die buitekant van die tent, aangedui
as ?Chapel?, waar die prins se kis
in staatsie gelê het
Foto?s: Uit Rosa Swanepoel se
elektroniese versameling |
Prins Christian Victor se kis in die
tent
.
. |
Die foto’s is aan
ons gestuur deur
Rosa Swanepoel.
Sy sê dat een van
haar broers ’n ruk
gelede ’n klomp ou
foto’s by ’n antieke
handelaar raakgeloop
het.
“Hy wou ’n plaas se
prys daarvoor hê,
wat ons nie kan
bekostig nie, maar
het gelukkig die
foto’s vir ons geleen
om op rekenaar
te sit,” sê
Rosa. “Ek verstaan dit is toe aan ’n
oorsese handelaar verkoop.”
Die prins se graf voor die grafsteen
opgerig is |
Die prins se sterfkamer
. |
Die foto’s wat hier gewys word is
deur C Basson & Co geneem. Hulle
het rondom die draai van die vorige
eeu poskaarte gedruk. Rosa het ’n
hele paar foto’s van C Basson & Co
wat volgens Carol Hardijzer, versamelaar
en kenner van Anglo-Boereoorlog
foto’s, geneem was met die
oog op poskaarte. Of sulke poskaarte
van die prins se sterfte ooit
gedruk is, is nie bekend nie.
Prins Christian Victor is in die ouderdom
van 33 jaar op 29 November
1900 in die Yeomanry Hospitaal, wat
in die huis van Tom Beckett in
Arcadia ingerig is, oorlede.
Hy is aan ingewandskoors dood
nadat hy deur malaria platgetrek is.
Sy volle benaming was prins
Christian Victor Albert Louis Ernest
Anthony van Schleswig-Holstein-Sonderberg-Augusterburg. Hy was
die derde seun van koningin Victoria
en prins Albert se derde dogter,
Helena. Sy pa was prins Christian
van Schleswig-Holstein. |