Rus in vrede PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 July 2018 19:45
Untitled Document

Ronéll van der Merwe/Henry (néé Nieuwoudt) van Welbekend skryf:
Gideon Nieuwoudt van die plaas Onbekend te Welbekend het op 28 Junie na ’n fratsongeluk met sy trekker ongelukkig aan sy beserings beswyk. Hy was jare by Welbekend SAPD as reservis betrokke en was altyd daar om ander te help.

Pa Gideon sou op 16 Oktober 77 jaar oud geword het. Liewe pappa, jy gaan só gemis word deur jou dogters Ronéll en Benita, skoonseuns Christo Bekker en Coenie Henry, kleinseuns Gideon van der Merwe en Tian Bekker en natuurlik jou pragtige kleindogter Anri Bekker.


Wyle Gideon Nieuwoudt saam met sy geliefde hond, Lappies

Pa Gideon, jy was ’n yster, ’n steunpilaar en altyd iemand om na op te kyk. Ons het só baie by jou geleer. Mag jy in vrede rus.

My pa se geliefde hond, Lappies, is kort daarna ook weg na onse liewe Vader. Rus by oupa Gideon se voete, dierbare Lappies-hond.

 

© 2018 Die/The Bronberger