Losprys vir hond PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 July 2018 19:44
Untitled Document

Tanya Gwendoline Pool van Rayton skryf:
Ek wil graag almal met troeteldiere in die omgewing waarsku om versigtig te wees.

Ons hond, Abbie, het onlangs uitgekom en ons het oral gesoek na haar en oral navraag gedoen.

Na vyf ure is sy by ‘n huis in Suidstraat gevind deur ‘n gawe jongman wat help soek het. Ons moes haar toe noodgedwonge terugkoop teen R500 by een van die inwoners wat haar gevat het en gesê het hy weier om haar terug te gee tensy ons betaal.


Abbie, die vriendelike Duitse herdershond waarvoor ‘n losprys betaal moes word

Ons is natuurlik dankbaar dat Abbie weer veilig tuis is, maar voel bitter oor die omstandighede en ons wil ander eienaars van troeteldiere waarsku teen die gewetenlose en wrede wyse waarop hierdie afperser te werk gaan.

Ons verstaan van mense in die omgewing dat dit nie die eerste keer is wat hy dit doen nie. Abbie is ‘n baie vriendelike Duitse herdershond en sou maklik die prooi van die ‘ontvoerder’ kon wees.

Ek is die eienaar van die Rayton Tutorsentrum en kon die geleentheid gebruik om my leerders te leer oor die verantwoordelikheid wat dit neem om diere te versorg en oor die moontlike gevolge daarvan indien hulle wegraak.

 

 

© 2018 Die/The Bronberger