Jou huis in die Bronberg, alles wat die huiseienaar moet weet Print E-mail
News - Artikels
Monday, 20 April 2009 17:16
Untitled Document

Is jy op soek na ’n loodgieter, elektrisiën, ’n nutsman, argitek, eiendomsagent, binnenshuise versierder of kundige in die konstruksiebedryf? Of jy nou boumateriaal, kombuiskaste, omheinings, ontwerpersmeubels, ’n lapa, spuitfontein of selfs ’n Wendy huisie wil hê, ons het 43 huis-spesialiste met die hand uitgesoek en vertel jou waar om dit wat jou hart begeer in die Bronberg-omgewing te kry.

Meubels en dekor
My ou bos sleutels / sluit lank verskuilde goed oop / Gaan ek nou huis toe? – Stephan

Huis, paleis, pondok . . . waar jy ookal bly, moet jy op iets sit, by iets aansit om te eet, op iets gaan lê om te slaap en in iets vaskyk. Hoe kies jy praktiese dinge soos meubels, die kleur van jou mure en die matras waarop jy slaap sodat dit sin maak in jou gesin se lewe?

Binnenshuise versierder en meubelkenner, Mariet en Marnette van Wood & Comfort, gee die volgende dosyn oorwegings vir harmonie in die huis:

  • Kwaliteit – dis altydie moeite werd om goeie kwaliteit te koop.
  • Prys – maak seker dat jy appels met appels vergelyk.
  • Styl – hou jy van ’n kontemporêre of klassieke styl?
  • Atmosfeer – is dit ’n informele kuierplek of ’n formele sitkamer?
  • Begroting - dit help nie jy het ’n armoire van R40 000 en sit op plastiekstoele nie.
  • Funksie – wat moet alles in die vertrek gebeur, soos slaap en studeer?
  • Proporsie van die meubelstuk – maak seker dat die verhouding van die pote se dikte tot die tafelblad reg is.
  • Proporsie in die vertrek – ’n oorgroot bank met ’n te klein lamptafel of fyn stoeltjies werk nie.
  • Balans – as daar aan die een kant van die vertrek ’n groot vuurherd is, is dit waarskynlik nodig om aan die teenoorstaande kant ’n meubelstuk te hê wat balanseer.
  • Verkeer – ’n mens wil nie jou maermerrie stukkend stamp teen die koffietafel as jy gaan sit nie.
  • Natuurlike vloei – daar moet voorsiening gemaak word vir deurloop waar nodig.
  • Kleur – dis veiliger om die groot items in neutrale kleure te kry en dit op te helder met kleurspatsels wat makliker vervang kan word.

Wood & Comfort
Wood & Comfort bied kwaliteit meubels, bykomstighede en dekordienste. Hulle is geleë in Atterbury Value Mart, Faerie Glen. Kontak Mariet of Marnette by 012-991-4875, faks: 012-991-4876, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hulle webwerf by www.woodcomfort.co.za. .

 

Everything Furniture
Lyk jou woning se dekor so vervelig soos laasjaar se paasbolletjies? Verander dit in ’n eksotiese atmosfeer met Everything Furniture se dekor uit Java, Indië, en Suid-Afrika. Die soliede houtmeubels is uniek en duursaam. Hier sal jy geskenke en dekor vind waaroor jou besoekers jou sal beny en wat jy nie sommer in enige ander winkel sal kry nie. Klante word hier vriende. Everything Furniture is in die Silver Oaks winkelsentrum. Skakel 012-809-2729 of die eienaar, Magda, by 082-469-2494

 

Albert Edwards
Albert Edwards is ’n familie onderneming en vervaardig houtmeubels in ’n verskeidenheid van style en afwerkings. Hul reekse wissel van kontemporêre donker mahonie meubels tot “English Country & French Provincial” in geverfde afwerkings. Daar is ook herwonne houtmeubels en reproduksies in die Ou Karoo reeks. Die meeste ontwerpe is eenmalig, wat ’n vars gevoel en voorkoms aan jou huis sal bied. Dié onderneming se hoof doelwit is om families weer aan die kuier te kry en om leefareas so gemaklik te kry dat mense daar wil wees. Baie van die items is “one-offs”, veral dié van herwonne hout, en daarom moet mense gereeld kom kyk wat in voorraad is. Albert Edwards is in 598 Rubensteinrylaan, Moreletapark, oorkant die kerkgebou. Skakel die fabriek by 012-542-2034, vir Eddie by 082-900- 9616 of Lourika by 082-889-0244. Stuur ’n e-pos aan: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.albert-edwards.com.
Maroc Lifestyle
Die bekoring van Marokkaanse binnenshuise versiering was tot onlangs nog iets wat net in glanstydskrifte bewonder kon word. Nou spog die Bronberg-omgewing met Maroc Lifestyle, ’n invoerder van tradisionele Marokkaanse produkte soos keramiek, lanterns, silwerware, glasware, leer, tekstiele, tapyte, juwele, mosaïek en lampe. Kom kyk gerus na hulle nuwe funksiegeriewe by Shokran Events Venue om te sien watter atmosfeer Marokkaanse dekorprodukte skep. Hier kan jy ’n Lavazza Italiaanse koffie geniet terwyl jy weggevoer raak in die Maroc Lifestyle vertoonlokaal. Maroc Lifestyle is op Plot 99, Tierpoort, 12 km vanaf Woodlands Winkelsentrum op Garstfonteinweg- verlenging. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Besoek www.maroclifestyle.co.za vir ’n produkkatalogus.
Frankert Verwe
Op soek na kundiges wat sal uitkom na jou perseel om oplossings vir jou verfprobleme te kry? Frankert Verwe gee advies en kwotasies op die perseel vir jou gerief. En dit alles gratis. Hulle spesialiseer in huishoudelike en industriële verf wat spesiaal geformuleer is om by jou behoeftes te pas. Frankert Verwe meng jou verf terwyl jy wag, bied gratis aflewering, kwotasies, tegniese advies en ’n lojaliteitskaart wat geld terugsit in jou sak. Frankert Verwe is by Farmers Shed, Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 8 km oos van Woodlands Boulevard. Bel vir Flip Venter by 012-811-2203 of stuur ’n faks na 012-811-2188.
Mattress Medi Centre
Jou kinders verdien ’n goeie nagrus. Ouers spandeer duisende rande op hul kinders se opvoeding, sport en buitemuurse aktiwiteite, maar vergeet soms om te belê in goeie matrasse. Wanneer laas het jy na jou kind se matras gekyk, of selfs daarop gelê vir ’n ruk om seker te maak daar is voldoende ondersteuning vir ’n groeiende ruggraat? Mattress Medi Centre bied gratis advies. Alhoewel hulle spesialiseer in gesondheidsmatrasse is hul pryse verrassend laag. Beloon jou gesin; julle verdien ’n goeie nagrus. Kyk gereeld na almal se matrasse, selfs ouma s’n. Ouer mense spandeer baie tyd in die bed en ’n goeie matras kan hul lewenskwaliteit verbeter. ’n Goeie matras is ’n lewenslange persent. Mattress Medi Centre is in die Silver Oaks winkelsentrum. Skakel 012-809-2594.

Ontwerpe
Vir laas ruik jy bloekom en kanfer / en Cobra op die vloer / en voor die venster hang drie swart sterre lynreg / en teen die plafon / skitter die melkweg / vir oulaas. – Ipek

Monique Joubert Architectural& Interior Design
Monique Joubert Architectural & Interior Design doen argitek-ontwerp asook interieur en landskapsbeplanning. Hulle spesialiseer in die ontwerp van nuwe huise en aanbouings asook die goedkeuring van planne by die stadsraad. Saam met jou nuwe huisplan, kan hulle vir jou die interieur ontwerp, insluitende die beligting, plasing van meubels en ander details wat jou huis spesiaal maak. Hulle bied ook ’n landskapuitlegplan. Dié drie ontwerp-elemente loop saam om vir jou ’n droomhuis te skep wat van binne na buite vloei. Monique Joubert Architectural & Interior Design is geleë in Grootfontein Landgoed. Bel Monique Joubert by 082-673-8226.
Armario Designs
Armario Designs bied net die beste kwaliteit, diens en verskeidenheid produkkeuses. Hulle spesialiseer in kombuiskaste, slaapkamerkaste, badkamerkaste, kroeë en studeerkamers. Hul vertoonlokaal is toegerus met die verskillende soorte produkte op die mark en hul fabriek, waar dié produkte vervaardig word, is ’n lid van die ‘Kitchen Specialist Association’ (KSA). Armario Designs is in die Eastridge Building and Design sentrum, winkel 7A, op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad, 5.2 km vanaf Lynnwoodweg se kruising met Hans Strijdomrylaan, aan die linkerkant. Bel vir Karin of Guy by 012-809-3175 of 082-324-0750 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
M3 Projects
M3 Projects is ’n familie-onderneming wat jou kan help met alles van dekor tot ontwerp, vernuwing van ou badkamers en kombuise tot handgemaakte meubels. Hulle probeer die gaping vul tussen wat mense wil hê en nie in die winkels kan kry nie. Jan is die handige man met die ondervinding en hy kan enigiets doen vanaf teëls lê tot houtwerk, restourasie, palissades en gelamineerde vloere. Jaco het ’n diploma as argitektekenaar, Janine het haar internasionale diploma in binnenshuise ontwerp en Herman het by ’n firma gewerk wat kombuiskaste maak en insit. Deleen doen loodglaswerk asook restourasie van ou loodglas vensters. Hulle verf ook huise aan die binnekant. M3 Projects is in Doornkloofstraat 725, Moreletapark. Bel vir Jan by 083-282-4530, Deleen by 082-215-8118, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.m3projects.za.net.
W&A Kitchens
W&A Kitchens se ontwerpe is almal uniek. Jy kan ’n idee oor ’n kombuis, badkamer, vertoonkas of selfs ’n kroeg hê en dié mense kan dit ontwerp, vervaardig en installeer. Die maatskappy het sy eie fabriek, wat ook “wrap” deure maak en “cut and edge” snywerk doen. Die fokus is op kwaliteit en goeie klantediens waar elke ontwerp volgens jou individuele behoeftes gedoen word en nasorg gelewer word. Hier kry jy mededingende pryse en spesiale pakkette vir ontwikkelaars en bouers. W&A Kitchens is op die hoek van Simon Vermooten en Motorstraat in die Space’s Lifestyle sentrum. Kontak hulle by 012-803-1511 en vra om met ’n ontwerper te praat. Stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.wakitchens.co.za.

Fokuspunte
My onthou bring geskenkies van gisters / toe moerkoffie op die koolstoof / en spookstories om die kombuistafel/ nog mode was - Annemarie Nunnerley

Aston Framing
Moenie dat jou herinneringe in die laai lê nie. Bring jou sportaandenkings, waardevolle kuns, foto’s, borduurwerk, poppe, dooprok, medaljes, seëls of verfdoek na Sonja Nienaber, ramer en eienares van Aston Framing. “Noem dit, ek raam dit,” sê sy. Daar is 800 rame om van te kies. Sonja, wat die “South African Framers Institute” kursus met lof geslaag het, doen al die werk self. Sonja werk van die huis af, en dis dié dat haar pryse so billik is. Sy bly in Lynnwoodweg-verlenging, 4 km van Hans Strijdomrylaan af, langs die Action Cricket-baan. Bel haar vir ’n afspraak by 082-415-8221.
Lots of Pots
Is jy op soek na ’n besonderse binnens- of buitenshuise pot of dalk ’n fonteintjie wat gaste by jou voordeur groet. Lots of Pots bied ’n groot verskeidenheid sement-, draad-, terracotta-, mosaïek- en veselpotte, fonteine en ander water ‘features’, staalprodukte soos gazebos, muurbehangsels, sementbankies en -tafels, voëlbaddens en sementballe. Lots of Pots is op die hoek van Lynnwoodweg en Jacobsonstraat. Kontak hulle by 012-348-6650 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Elza van Dijk Pottery studio
Elza van Dijk Pottery Studio bied ’n verskeidenheid produkte, van beeldhouwerk en argitektoniese en landskap keramiek-kunswerke tot eetware. Produkte word op bestelling gemaak. Daar is ook oggend, middag en aand pottebakkersklasse. Hier word gespesialiseer in handwerk, maar klasse in wielwerk en verftegnieke op keramiek-produkte word ook gebied. Elza van Dijk Pottery Studio is in Lynnwoodweg by Karoo Café, oorkant Willow Way Winkelsentrum. Skakel 012-807-5968, 082-823-7576 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Projekte en dienste
Maar steeds bly jou mure konkreet / so asof jy meer as ek weet– Natasha Dutton

Handyman Projects
So, jou huis kort ’n bietjie werk en jy sal daarby uitkom . . . eendag. Krane lek, pype kraak, vensters breek, geysers bars. Onderhoud is harde werk. Kry ’n nutsman om die werk vir jou te doen. Dié ouens doen alle onderhoudswerk in en om die huis, soos verf-, loodgieter-, elektriese werk, vogbeheer, klimrame vir kinders, houtdekke en motorhuisdeure. Bel vir Dana by 071-501-8986 of Anton by 083-451-2336 of besoek www.handymanprojects.co.za.
GH Kamphuis Projekte
GH Kamphuis Projekte se slagspreuk is dat geen projek te klein of te groot is vir hulle nie. Hul dienste sluit die grawe van slote vir fondasies, elektries en besproeiing, “Jack Hammer” beton en mure, die boor van gate vir heiningpale en die gelykmaak van oppervlaktes in. Vir meer inligting, bel vir Gerrit by 082-785-6247 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nethania Plant Hire
As jy besig is met jou eie bouprojek en ’n TLB of ‘tipper’ wil huur, is Nethania Plant Hire die plek om te kontak. Hulle is op plot 439, Lynnwoodweg- verlenging, Zwavelpoort. Bel vir Johan van Wyk by 082-958-0381, stuur ’n faks na 012-811- 0240 of ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..

 

Lawnmower Legends
Lawnmower Legends is Jakes en Carin Stadler se familie onderneming wat fokus op persoonlike diens. Hulle bied ’n wye reeks produkte, van grassnyers, snoeiers en bossiesnyers tot blaasmasjiene, kettingsae en trekkers. Dienste sluit in onderhoud, onderdele, herstel en, in sommige gevalle, verhuring. Daar word voorsiening gemaak vir alle verwante produkte soos kragopwekkers, konstruksie-toerusting, boerdery implemente en waterpompe. Top kwaliteit handelsmerke word aangehou, soos alle Maruyama, Tandem en Zenoah/Komatsu produktelyne. Pryse is kompeterend en hulle lewer af. Daar is ook spesiale aanbiedinge vir groepe soos skole, koöperasies, gemeenskapsdienste en klubs. Lawnmower Legends is binne maklike bereik in Rubensteinrylaan, Moreletapark. Skakel 012-993-3087 of 083-260-7589.

Loodgieters en septiese tenks
’n Ou huis sug slapend en draai krakend om droomloos en leeg / sy enorme kamers stikkend in die son so stil sonder’n enkele voetstap – Hilda Smits

Water-Well Plumbing
Water-Well Plumbing doen residensiële, kommersiële en konstruksie loodgieterswerk. Hulle doen loodgieterswerk van nuuts af, doen bestaande werk oor en doen onderhoudswerk soos geysers wat bars, pype wat bars en dreine wat blokkeer. Hulle voorsien, installeer en doen septiese tenks oor, ‘bio-mite’ behandelings, en maak ook septiese tenks skoon. Dié is ook die plek om te nader vir tydelike funksie en konstruksie-perseel toilette, ablusie-eenhede, sonkrag geysers, siviele dienste en wateraanvraag. Water-Well Plumbing is in die Silver Lakes kantoorpark, Von Backstrom Boulevard 1. Bel vir Anel Willemse by 012-809- 2468 of 082-338-4379, stuur ’n faks na 086-672- 0258, ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of gaan kyk na www.waterwellsa.co.za.
JC Enterprises
Pitking en Fatking is bekostigbare, omgewingsvriendelike produkte wat riool vinnig en maklik afbreek. Pitking breek soliede afval af – eers na ’n vloeibare vorm en uiteindelik tot skoon water. Die bakterieë in Pitking is baie effektief met die bioafbreking van soliede aanpaksels onder water. Fatking is ’n spesiaal geformuleerde bakteriese produk wat vette in huishoudelike of industriële dreineringsisteme, soos by slagpale, hoenderplase en melkerye, afbreek. Vir navrae kontak Coen Eggar van JC Enterprises by 082-556-8804.
Noodkreet Loodgieters
Die eienaar van Noodkreet Loodgieters is Johan Botha. Hy het so ses maande gelede terug gekom uit Irak waar hy as ’n loodgieter gewerk het vir die Amerikaanse weermag. Na ’n jaar in die vreemde het hy besluit om sy dienste eerder in Suid-Afrika beskikbaar te stel en het sy eie onderneming begin met een doel voor oë: om ’n diens te lewer vir mense wat in die nood is weens loodgieterprobleme. Geen loodgieterswerk is te groot of te klein nie; dit sluit algemene loodgieterherstelwerk, nuwe installasies en geyser vervangings in. Vir nuwe installasies gaan gee hy gratis kwotasies en werk self saam met sy span. Kwaliteit werk teen ’n billike prys word gewaarborg. Noodkreet Loodgieters het ’n 24 uur diens en werk in Pretoria, Bronkhorstspruit, Kleinfontein, Cullinan en die res van die Bronbergomgewing. Bel Johan by 072-266-9614.

Elektrisiën
Vanaand / alleen / praat my huis / ’n krakerige taal / onbekend / aan my – Aurora

Hoogland Elektries
Hoogland Elektries doen nuwe installasies en foutnasporing. Hulle doen ook installasie toetsing vir die uitreiking van sertifikate en die instandhouding van huisbedrading, stowe en geisers. Vir meer inligting, kontak Ben Moolman by 072-243-4297.

Pale en grasdakke
Het houdt ons vast, het huis. Het laat ons gaan / Ons prominent afwezig zijn en toch bestaan. - Erwin Mortier

Trail Timber
Trail Timber verskaf SABS pale en roem hulle daarop dat hulle die goedkoopste verskaffer van SABS CCA behandelde pale en SA Pine dennehout in Pretoria is. Hulle gebruik herwonne Europese dennehout om planke te sny wat gebruik word vir houtvloere, wat dan digter is as ander dennehout vloerplanke en ook baie meer karakter het. Trail Timber het hul eie fabriek en skaaf en vorm werkhout op versoek. Hulle lewer ook af. Trail Timber is by Farmers Shed in Garsfonteinweg-verlenging. Skakel 012-811-0417.
Link Thatchers
Link Thatchers spesialiseer in grasdakke, lapas, sondekke, relings, Afrika bomas, ‘log’ huise en plaveisel. Hul dienste en produkte is ideaal vir wildplase, gasteplase en herberge. Link Thatchers is al vir dekades lank gesetel in Lynnwoodweg-verlenging, Tierpoort en is ’n familiesaak van die Bronberg se bekende Le Roux-gesin. Bel vir Pieter by 082-460-7077 of 012-811-0426.

Buitegeboue en bergplekke
Die winter penetreer steen en sement / gee aan elke huis hier ’n koue fondament. - Brixton Moord & Roof Orkes

Des Arts Huise
Wil jy vinnig ’n werkswinkel, buitekamer of eenslaapkamer huisie laat oprig? Des Arts kan jou vertel van die baie huisontwerpe wat met voorafvervaardigde mure opgerig kan word. Dié mure word rondom staalrame gebou met ’n 70 mm sementvloer, teëldak en op-bestelling gemaakte vensters. Daar is dieselfde mooi patroon, wat lyk soos hout of bakstene, aan albei kante van die muur met onsigbare paneelskakeling. Vir meer inligting, bel vir PC (Toppie) Jansen by 082-963-8505.
Garden Boyz
Garden Boyz is ’n agent van All About Wendy’s en jy kan nou by hulle ’n standaard Wendy huisie aankoop of een volgens jou behoeftes laat maak. Of jy nou op soek is na ’n private wegbreek huisie, ’n pophuis, gereedskapkamer, bediendekamer of buitenshuise kroeg, jy kan jou behoeftes met dié mense bespreek en hulle sal iets spesiaal vir jou ontwerp. Garden Boyz se betonprodukte strek van fonteine tot allerhande potte asook beton benodigdhede vir die bou van jou huis, soos balustrades. Garden Boyz is in Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg), 12 km vanaf die Hans Strijdomrylaan kruising, aan jou linkerkant. Bel vir Elzette by 012-811-2042.

Omheining en beveiliging
As jy wil huil — ek steur nie; / daar’s geen oor teen ’n deur nie. / Geniet net wat ek het / Ek het die tyd my huis belet. – Koos du Plessis

Safetron
Safetron is ’n onderneming wat spesialiseer in veiligheid. Hulle bied veiligheidshekke, diefwering, outomatiese hekke, sekuriteitshekke, elektriese omheinings, palissade omheinings en doen ook dekoratiewe staalwerk soos relings en beddens teen baie mededingende pryse. Safetron het ’n fabriek en kantoor op plot 137, Zwavelpoort. Vir meer inligting, bel Eben Grobler by 079-668-6927 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Pretoria East Security Solutions
Pretoria East Security Solutions doen basiese herstelwerk en instandhouding van hekmotors en elektriese omheinings. Hulle installeer ook CCTV kameras met Internet bewaking, wat beteken dat jy enige tyd op enige plek in die land kan sien wat by jou huis aangaan as jy Internet toegang het. Hulle bied ook ’n maandelikse kontrak waar hulle een keer ’n maand na jou huis toe gaan om jou hekmotor en elektriese omheinings te diens en seker te maak dat alles nog reg werk voordat jy miskien groot skade kan kry. Bel Rudolph vir gratis kwotasies by 082-800-8816.

All purpose Steel fencing and Gates
All Purpose Steel Fencing and Gates spesialiseer in veiligheid en bied veiligheidshekke, heinings, afdakke, elektriese omheinings en elektriese motors. Hulle diens sluit alle staalwerk in en hulle bied ook dekoratiewe staalwerk. Dié maatskappy is in Wapadrand geleë. Vir meer inligting, kontak Dion van Blerk by 012-807-0462 in kantoorure of 083-331-3588

Des Arts mure
Des Arts bied jou voorafvervaardigde mure met die voorkoms en karakter van ’n soliede muur. Daar is dieselfde mooi patroon aan albei kante van die muur met onsigbare paneelskakeling. Geen onderhoud is nodig nie. Dit word vinnig en goedkoop opgerig en die panele en pale is met staal bewapen. Jy kan kies uit ’n verskeidenheid hoogtes en voorkomste, soos mure wat soos baksteenmure, houtpanele, ‘ranch rails’ of klipmure lyk. Vir meer inligting bel vir PC Jansen by 082-963-8505.

Konstruksie
My huis, my heiligdom / Hier woon ek soos muf op ’n stukkie brood - Ipek

Super Rafts
Super Rafts is ’n siviele ingenieurswese konstruksie-maatskappy wat in die konstruksie van spar-fondasies, ’n plat blok op die grond-fondasie wat ontwerp is vir spesifieke grondtoestande op ’n erf, spesialiseer. Sulke fondasies word hoofsaaklik gebruik as daar probleem grondtoestande is soos dolomiet, swellende grond soos klei of ineenstortende grond soos sand. Spar-fondasies word verkies vir groter behuisingsprojekte, selfs dié met normale grondkondisies, omdat hulle teen ’n hoë spoed en akkuraatheid opgerig kan word. Super Rafts is op plot 6, Pienaarspoort, Ou Bronkhorstspruitpad. Kontak hulle by 0860-10-63-18, 083-271-8732, stuur ’n faks na 086-621-0458, e-pos: info@superrafts. co.za of besoek www.super-raftsco.za.
XCel Plumbing
XCel Plumbing spesialiseer in konstruksieloodgieterswerk en verhuur ’n kraantrok vir die vervoer van stormwaterpype, mangatringe, houers, transformators en TLB’s. Hul kantore is in Furrowweg 109, Willow Glen. Bel vir Lourens van Biljon by 083-250-5031 of Bertus van Biljon by 083-452-2127. Skakel die kantoor by 012-807-5266 of stuur ’n faks na 012-807-5165.
Ace Scaffolding
Ace Scaffolding voorsien ’n volledige reeks steierwerk (‘scaffolding’) wat gebruik kan word deur die professionele bouer en die doen-dit-self nutsman. Produkte strek van plat blokke / dektoerusting, hortjies, ‘Kwik stage’, toegangslere, bouwerk stutte, maklike rame, staalborde, wiele en doen-dit-self steierwerk. Ace Scaffolding bied vriendelike en effektiewe diens, wat oplaai en aflewering insluit, en goeie pryse. Hulle is in die East Ridge Building and Design sentrum, winkel D10, Lynnwoodweg-verlening. Bel vir Connie Conradie by 071-603-1033, vir Eric Prentice by 082-824-7322, skakel die kantoor by 012-803-1185, stuur ’n faks na 012-803-1133 of ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Patt Projekte
Patt Projekte bied jou meer as 25 jaar ondervinding in staal konstruksies, vliegtuig loodse, fabrieke, store, ‘chromadek’, ‘alucushion’, skuifdeure, ‘bullnoses’, polykarbonaat plate, sement en gas. Hulle is in Bashewa geleë, uit met Garstfonteinweg-verlening. Vir meer inligting, kontak Piet of Tina van der Merwe by 012-811-0753 / 0811 of 083-302-0561/5.

Boumateriaal
My huis se vertrekke is die kamers van my hart / Nie beplan deur argitek of gebou met sement – Katryn

Newlands Staal
Newlands Staal bied bykans enige iets vir diegene wat wil bou, aanbou of verfraai, van staalprodukte soos palisade omheining, duiwelsvurk panele, versterkte staal, en loodgieterspype tot siersteen-, sement-, klei- en plaveiselbakstene, hout, pale, sement, plafonborde, omheiningsmateriaal, hekmotors, hardeware, pompe en watertenks. Newlands Staal is in Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof Heights. Skakel hulle by 012-480-0503 / 0517 / 0416. Hou Newlands Staal se advertensie op die agterblad dop vir nuwe produkte en dienste.
Newlands Garden Centre
Newlands Garden Centre bied die volgende boumateriaal: pleistersand, riviersand, bousand, 13 mm en 19 mm betonklip, 13 mm en 19 mm betonmengsel (‘crusher run’), G5 opvulling, Afrisam 32,5 mpa sement, Mixcrete 40 kg sakke en bakstene vir self kom afhaal. Boumateriaal word afgelewer in 1, 2, 3, en 6 kub/m vragte. Hulle verskaf ook boukolomme met ringe en voetstukke, ‘piercaps’, waterspuite, waterkanale, fonteine, beton-potte en -standbeelde en is die enigste verskaffer in Pretoria wat Saterdae tot 5 nm en Sondae tot 4.30 nm oop is vir die laai van enige soort grond en alle boumateriaal. Newlands Garden Centre is op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbou Hoewes, oorkant Verresig Landgoed. Skakel 012-480-2094/6 of 012-480-0191 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Willow Quarries
Willow Quarries verskaf Willow Wonder sand, riviersand, gruisklip, betonstene, G4, opvullingsmateriaal, metallurgiese silika en ’n verskeidenheid ander soorte boumengsels. Hulle is op plot 47, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Skakel 012-809-0288/9.
JP Conradie Boerdery BK
JP Conradie Boerdery BK, die oorspronklike Conradie’s, se perseel is by die T-aansluiting van Lynnwoodwegverlenging en die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad. Klante wat naby aan dié perseel woon kan voordeel trek uit laer pryse vir boumateriaal. Selfhaalpryse lyk so: betonmengsel (voeg net sement by) teen R220 per kub, riviersand teen R175 per kub, pleistersand teen R130 per kub, bousand teen R100 per kub, sement teen R32.50 tot R75, afleweringkostes uitgesluit. Vir meer inligting, skakel 011-964-1622 of 079-888-6794.

Eiendom
Soos die laaste gesprek uit ’n huis uitlek / en die ou man en ou vrou na elders vertrek - Andries Bezuidenhout

Teropo Stadsbeplanners
Teropo Stadsbeplanners is professionele beplanningskonsultante wat stadsbeplanningsopsies bied aan grondeienaars en ontwikkelaars om waarde toe te voeg tot hulle eiendomme. Hulle spesialiseer in hersonerings, toestemmingsgebruike, dorpstigtings, onderverdelings en konsolidasies. Kontak gerus vir Carlien Potgieter by 082-338-1551 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir enige advies oor verandering van grondregte.
RealNet Plotte & Plase
Realnet Plotte en Plase spesialiseer in plotte vir residensiële gebruik, plotte met ligte besigheidspotensiaal, landelike erwe, huise en erwe in landelike sekuriteitskomplekse en plasies. Hul is werksaam reg rondom Pretoria, maar fokus op die Bronberg-gebied in die ooste. RealNet Plotte en Plase is by die Silver Well Kantoorpark, suite 12, Lynnwoodweg-verlenging, oorkant Silver Lakes. Vir meer inligting bel vir Osie van Niekerk by 083-268-5593, vir Joop Coetzee by 083-442-5037 of die kantoor by 012-809-3510.
ReMax
By ReMax word elke kantoor onafhanklik bedryf en besit. Ernst Lösch is ’n ReMax Property Merchants agent vir kopers en verkopers van plotte en plase in die Bronberg-gebied. Hy spesialiseer in kleinhoewes en plasies en woon self jare reeds in Bashewa, wat hom ’n kenner van ons kontrei maak. Bel vir Ernst by 083-274-3024 of 012-811-0232 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Hazeldean
Die voorstad Hazeldean, oorkant Silver Lakes Gholflandgoed, word ontwikkel deur Sable Homes en Abland met kantoorparke, winkelsentrums, residensiële ontwikkelings en gemeenskapsdienste. Dié 800 hektaar ontwikkeling, rofweg so groot soos die dorp Stellenbosch, is ’n lang-termyn projek. Residensiële ontwikkelings sluit in The Retreat, waar 500 aftree-eenhede gebou gaan word waarvan 44 reeds voltooi is, ’n R20 miljoen klubhuis wat ’n biblioteek, spa, gimnasium, dameskroeg en verswakte sorgafdeling insluit. Die Oukraal ontwikkeling bestaan uit moderne ‘bachelor’ en ‘loft’ woonstelle. The Meadows residensiële landgoed bied 240 voltitel erwe van tussen 600 en 800 m² elk met dienste. The Ridge is ’n hoë inkomste residensiële ontwikkeling met erwe van 800 tot 2 000 m². Die eerste en tweede fase van dié ontwikkeling bestaan uit 126 erwe met volledige dienste. Bel vir Berdine Jacobs by 082-444-4434, Frik Moller by 082-775-5303 of Jack Wiid by 083-297-5082. Vir meer inligting besoek www.sablehomes.co.za
Leapfrog
Leapfrog spesialiseer in die verhuring van eiendomme in die Bronberggebied, maar doen ook verkope.Hulle verhuur hoofsaaklik huise aan buitelanders of groot maatskappye. Kliënte kry dus lang huurkontrakte en ’n uitstekende diens met die bestuur van die eiendom. Wanneer dit by verkope kom, lewer Leapfrog meer van ’n lewenstyl benadering tot die advertering, bemarking en verkope van eiendomme. Hulle konsentreer op Silver Lakes, Silver Stream, Willow Acres, Hazeldean, Six Fountains en al die landgoed-ontwikkelings tot by die Boschkop-afrit. Leapfrog se kantore is in die Silver Lakes sekuriteitskompleks. Kontak bestuurder en agent, Michelle Eysele, of agent, Anneke Coolen by 012-809-1707 of 082-493-8669, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.leapfrog.co.za.
RealNet Silver Estates
Yolanda Schubert is die prinsipaal en eienaar van RealNet Silver Estates. Die agentskap is al ongeveer ’n jaar lank besig met eiendomme in die volgende gebiede of komplekse: Silver Stream, Silver Woods, Lombardy, Willow Acres, Six Fountains, Leeuwenhof en Newmark. Yolanda is al ongeveer vyf jaar ’n agent in Mooikloof en dit is dan ook die landgoed-ontwikkeling waarin hulle spesialiseer. Yolanda woon self in Mooikloof en is op kort kennisgewing beskikbaar om eiendomme te gaan besigtig. Bel Yolanda by 072-797-2019.
 

© 2020 Die/The Bronberger