leserslens Junie 2018 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 25 June 2018 10:33
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.  Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Ons gaan nóú braai! Ludwieg Botha het dié foto van sy Cullinan-huis se stoep af geneem


Emma Koekemoer het die visvangertjie, uitgepof teen die koue, in haar tuin raakgeloop


Herfs in Mooikloofrif
Foto: Lou Bornman


Die son sak op Harmonie-proteaplaas naby Rayton
Foto: Laurika van der Linde


Herfs op Bashewa met aalwyn se rooi in die voorgrond
Foto: Gene de Lange


Vroegoggend in Bashewa se wêreld
Foto: Ronell van der Merwe

’n Kaalwangvalk het hom bo in ’n boom in Laurika van der Linde van Rayton se tuin tuisgemaak, die wêreld eers goed deurgekyk en toe op die vlerk geslaan


“Cullinan – sprokieswêreld”, sê Laurika van der Linde oor dié foto wat in een van Oudorp se strate geneem is

Cap: leser louis dpl:
Net voor skemer in die Silwer Woods-landgoed
Foto: Louise du Plessis


Al wat kortkom is die trein, sê Emma Koekemoer oor hierdie foto van haar


Een van die Harmonie-proteaplaas se blomme soos deur die lens van Emma Koekemoer gesien


Bianca Steyn het een van die kleurvolle dwergeendjies waarmee haar man glo op kleinskaal boer, afgeneem

 

© 2018 Die/The Bronberger