Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2018 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 25 June 2018 12:30
Untitled Document


Bariton Rex Nigrini en sopraan Anina Wasserman word deur Irma Day op die klavier begelei by ‘n middag van liedere en operette-arias van bekende komponiste. ‘Schenkt man sich Roser’ word op 24 Junie by die Rose Cafe by Ludwig Roses, op plot 4, Tygervallei, uit met Lynnwoodweg-verlenging, aangebied. Die opvoering begin om 3 nm en word voorafgegaan deur ’n buffet-middagete vanaf 12:30. Bespreek by Cheri van der Westhuizen: 062-751-5203.

~*~


Dit is weer wynfeestyd in Cullinan. Echo Events hou op Saterdag 23 Junie van 10 vm tot 4 nm vir die tweede jaar ‘n wynfees in dié dorp met meer as 15 landgoedwyne wat by vyf verskillende plekke op die dorp uitstal. Die proe-geleentheid begin by Village Tasting Room by Cullinan Junction in Hotelstraat. Gaste gaan deur die dorp stap en handgemaakte items en kunswerke besigtig terwyl hulle wyn proe. Voorafbespreekte kaartjies is R100 tot R120. Dit kos R150 as jy ‘n kaartjie op die Saterdag koop. Teen ‘n ekstra fooi het gaste die geleentheid om met die dubbeldekker Partytjiebus na die dorp te ry en ook om ‘n driegang langtafel-aandete vanaf 6 nm by bekende sjef, Willie Strauss, se sinkhuis te geniet. Skakel 083-646-3686 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Op die dag van die wynfees in Cullinan, 23 Junie, tree Dawie de Jager van Klopjag op by die Cullinan Premier Hotel se Timeless Cafe in Hotelstraat 1. Bespreek by 083-601-2494.

~*~


‘n Bier, Biltong en Boereworsfees word van 29 Junie tot 1 Julie van 9 vm tot 9 nm by die Nasionale Botaniese Tuine gehou. Dié drie-dag fees is vir die hele gesin en daar gaan uitstallers, kunstenaars, vermaak, kindervermaak, ‘n ‘craft’ biertuin, kos, pret en verskeie kompetisies wees. Toegang is R50 tot R100 per persoon. Die tuine is in Cussonialaan 2, Brummeria. Skakel 012-843-5172.

~*~


Avontuurkampe word vanaf 22 Junie tot 15 Julie vir graad vier tot sewe skoolkinders gehou. Dit staan as die ‘Survivor / Amazing Race’ kinderkamp bekend en word by Kikuyu Wildpark op die Boschkoppad gehou. Die doel is dat kinders dié skoolvakansie die buitelug kan geniet. Hulle gaan meer leer oor oorlewing in die natuur en aktiwiteite sluit in: Muurklim, kompas-bou, koördinasie, lantern-bekruip, skattejag, brug-en-vlotbou, boogskiet, land- en water-ekologie, kampvuur-aktiwiteite en X-tremesport. Elke kamp is drie dae en twee nagte lank en kos R960. Bespreek by 079-612-0411.

~*~


JamPacked Productions presents ‘Fit for a king’ live on 29 June at 6.30 pm at Arcade Empire, The Highway Street, Equestria. The show is held in aid of Rocking For Rhinos and other conservation efforts. It is the second of three shows in South Africa with incredible support from: Truth And Its Burden; Facing the Gallows; Riddlebreak; A Fate Like Yours; and OneDaySky. Tickets cost R200 to R220. For more information, phone the organisers at 082-449-5144.

~*~


Brendan Peyper tree op 29 Junie by Weiveld in Zwavelpoort op. Kaartjies kos R70 en die deure open om 7 nm. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappie na Cullinan is op 24 Junie. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure op Cullinan oor. Kaartjies kos R320 vir volwassenes, R270 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R240 vir tieners en R160 vir kinders van vier tot 12 jaar oud. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


‘Jay and Band’ tree op 27 Junie by Rafters op. Kaartjies kos R100. Koos Kombuis tree op 13 Julie op en kaartjies kos R100. Francois van Coke is op 20 Julie aan die beurt en kaartjies kos R120 as jy dit vooraf koop en R130 by die deur. Geen onder 18’s word toegelaat nie. Rafters is op die hoek van Garstfonteinweg en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof. Bespreek by 082-600-3469 of 071-610-2132.

~*~


OAK Youth Theatre’s ‘Beauty and the Beast’ is on from 11 to 21 July at 10 am at the Atterbury Theatre, except on 15 July. This production is jam packed with talented artists from the greater Gauteng region as well as artists who are travelling from the East Rand and Witbank to star in the show. Tickets cost R130 to R150 per person. The theatre is at 4 Daventry Street, Lynnwood Manor. Phone them at 012-942-5951.

~*~


Windpomp Mark word op 30 Junie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit gehou. Die mark daarna is op 28 Julie. Bel Adele by 083-445-1608. Daar is heerlike kos, eiesoortige uitstallers en pret vir die hele gesin. Vind hulle by S26 02.336 E028 23.477.

~*~


Bronbergers is welkom om te gaan uitstal by ‘n nuwe liefdadigheidsmark wat op 5 Augustus geloods word. Die mark is ten bate van Manger Sorgsentrum vir pensioentrekkers en gestremde mense en gaan elke eerste Sondag van die maand van 9 vm tot 3 nm op Manger se terrein op plot 31, Van der Hoffweg, Uitzicht aangebied word. Die mark is deel van die sorgsentrum se werkskeppingsprojek en fondsinsameling. Op die openingsdag kan ’n een-aand verblyf en ontbyt vir twee by La Dolce Vita gastehuis gewen word asook ’n bootvaart op die Hartbeespoortdam met vonkelwyn en middagete. Skakel 012-376-0042, 087-944-2110 of 072 229 3994.

~*~


Tierpoort hou elke Saterdag van 9 vm tot 2 nm ’n gemeenskapsmark, geborg deur die Tierpoortse Q4 / OK Foods en Pretoria Voedsel Koöp. Eddie Becker maak lekker musiek terwyl mense hulle inkopies doen en eetgoed geniet. Vir meer inligting, bel André by 084-862-7769 of Charmaine by 081-725-8074.

~*~


Farm Inn hou elke eerste Sondag van die maand ‘n handwerk- en kosmark. Dit is die ideale kans om dié wildreservaat te besoek en vir ‘n wildrit te gaan. Daar is ook donkieritte, interaksie met dieretuin-diere, baie vlooimark-kraampies en goeie musiek. Toegang is gratis en daar is veilige parkering. Draai uit Silverlakesweg by die Farm Inn bord. Bel Mercia Pitzer by 083-514-5363 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Cowhouse Mark in die ou skuur by Hazeldean Valley is elke Saterdag en Sondag van 10 vm tot 4 nm. Daar is ‘n verskeidenheid handwerk, kos en drankies soos ‘craft’ bier, ‘n speelplek, fietsiebaan vir kinders, bergfietsbaan, ‘n draf- en staproete, musikante en vermaak soos ponieritte en ‘n ‘ziplyn’. Draai regs in Ridgeweg vanuit Silverlakesweg. Skakel 072-399-0154.

 

© 2024 Die/The Bronberger