Sosatie-koning by fees gekroon PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 June 2018 10:28
Untitled Document

‘n Sosatiefees vir jonk en oud is op 26 Mei by NGK Rayton gehou. Carl Stofberg is as die sosatie-koning van Rayton, Cullinan en omgewing gekroon. Die tweede plek het aan Bertie Celliers gegaan en Barry van Jaarsveldt het die derde plek verower.


Pa en seun pak die nat roete aan met die sosatiefees van Rayton se NG-kerk
Foto’s: Hermann Grobler

Stappers en fietsryers het reeds teen 6 vm ingeskryf om op pragtige roetes mee te ding. Die fietsrykompetisie het heelwat mededingers gelok. Die wenner, Gerhard Nel, het saam met sy twee dogters, Kerry en Jessica, ingeskryf.


Mariette Blom het die blesbokprys namens haar man Louis by ds Chris Lötter ontvang

Louis Blom het die blesbokkompetisie, waarvoor ’n inskrywingsfooi van R50 gevra is, gewen.


Chanel Erasmus van ‘OMO The Clown’ het die kinders besig gehou

Daar was ook ’n teetuin waar gaste kon eet, teedrink en van die heerlike gebak en pannekoek geniet.


Sosatie-koning, Carl Stofberg, links, saam met sy vrou Gerty, regs, en ds Chris Lötter in die middel

By die springmieliekraampie was die allerfraaiste twee narre wat die mense bedien het, Sandra Lötter en Louw Botha.


’n Tafel vol sosaties

Die kinders het hulle hoelahoepel-vaardighede ten toon gestel. Chanel Erasmus van ‘OMO The Clown’ het die kinders met speletjies, towerkunsies en gesigverf besig gehou en het hulle gewys hoe om lang ballonne in verskillende figure te vou.

 

© 2018 Die/The Bronberger