Seniors hou Winterfees PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 June 2018 10:28
Untitled Document

Tierpoort Seniors het in Junie ‘n Winter-Warmtefees met woorde by Amatola in Garstfonteinweg gehou. Hulle moes gedigte skryf en daarna hulle kreatiwiteit verder inspan om boekmerke met herfsblare te maak.


Vlytige hande

Dié herfsblare is deur die komitee versamel en gepars en is daarna vir die seniors gelamineer.


Warm kleure vir ‘n koue winteroggend

Gasvrou, Dola Geyer, het die tafels met swart en hessian tafeldoeke versier en aalwyne en sonneblomme in koperpotte is deur komiteelede geskenk en rangskik. Koffie, tee en warm sjokolade, asook groot verwarmers, het gesorg dat geen winterkoue kon deursypel nie.


Koos en Gitte Theron by sy verjaardag koek

Martie de Klerk werk aan haar boekmerk

Ná die aktiwiteite kon die seniors aan geurige biefbredie en stampmielies smul. Die ete is met ‘n outydse asynpoeding afgesluit.


Lettie en Sarel van Tonder is besig met hulle gedig met Hannes en Renita Malherbe in die agtergrond

Die hoogtepunt van die oggend was Koos Theron se 90ste verjaardag, wat hy saam met sy senior-vriende kon vier. Hulle het hom toegesing terwyl hy die kersies op sy gunsteling sjokoladekoek doodblaas.

 

© 2018 Die/The Bronberger