Kuiervure brand hoog PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 June 2018 10:26
Untitled Document

Die kuiervure het hoog gebrand by Laerskool Witpoort se Biltongfees op 19 Mei.
Mense in hulle hordes het die skool gaan ondersteun en na die musiek van Adam Tas geluister.


Adam Tas

Oud Witpoorters het ook saam gekuier en het aan hulle laerskooljare teruggedink. Daar was vermaak vir die jonges en die ouer garde het aan ’n bokdrolspoeg-kompetisie deelgeneem.


Die skool se beheerliggaam saam met die gaskunstenaar, van links na regs: Frikkie Combrink, Esther Ferreira, Marnus Steyn, Adam Tas, Pieter de Jager en Leandri Wagner

Elke kuier-kraampie het sy eie braaivleisvuur gehad
.
.
.

Die mense het tot laat om braaivleisvure gekuier om warm te bly. Die fees se borg was Beefcor.


Laerskool Witpoort se Biltongfees
Foto’s: Laurette van der Vyver

 

© 2018 Die/The Bronberger