Voertuie is nie veilig in die ooste nie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 June 2018 10:22
Untitled Document

Voertuig-verwante misdaad, soos diefstal van die voertuig self of net die goed binne-in, roof en dwelm-verwante misdaad is die algemeenste misdade in die gebied wat deur die Garsfonteinse Polisiestasie bedien word.

So sê Dan van Ryneveld, voorsitter van dié streek se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF). Hy sê dat waardevolle goed wat oop en bloot in voertuie gelos word, gesteel word. Misdadigers gebruik ook toestelle wat inmeng met ‘n afstandbeheer se sein, wat beteken dat jou kar nie gesluit word nie.


Dan van Ryneveld
Foto: Verskaf

Hy raai mense aan om waardevolle goed in die kattebak toe te sluit en om dubbel seker te maak dat jou voertuig behoorlik gesluit is. Let daarop dat misdadigers parkeerareas dophou en sien wanneer mense goed in hulle kattebakke toesluit.

Daar is ook ‘n toename in die diefstal van spaarwiele. Colette Weilbach van die Brooklynse Polisiestasie sê dat nege spaarwiele die afgelope maand helder oor dag gesteel is. Sy raai mense aan om spaarwielslotte aan te skaf.

Dan van Ryneveld moedig mense aan om by hulle plaaslike GPF aan te sluit. Hy sê dat dit nie nodig is vir alle GPF lede om patrollies te doen nie; hulle het ook mense nodig wat paraat is, aansluit by die gebied se radionetwerk en help om radio’s te monitor.

 

© 2018 Die/The Bronberger