Gemeenskap help om boewe vas te trek PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 June 2018 10:21
Untitled Document

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vir Cullinan en Rayton het die polisie op 7 Junie gehelp om vier verdagtes vas te trek.

Luitenant-kolonel Maqhawe Simon Dhladhla, bevelvoerder van die Cullinanse Polisiestasie, het die gemeenskap en GPF bedank vir hulle samewerking om vier verdagte mans, wat glo ‘n bejaarde vrou in haar huis in Rayton aangerand het, op te spoor en te arresteer.

Die vrou is rondom 8 vm op 7 Junie aangeval en ‘n groot soektog is daarna op tou gesit. Die verdagtes is dieselfde dag in die nabye gebied gevind.


Die Cullinanse Polisiestasie

In sy bedanking het luitenant-kolonel Dhladhla gesê dat “alle polisielede verheug was en die gemeenskap se poging, die ekstra tyd en moeite wat hulle ingesit het, waardeer”. Hy het gesê dit is ‘n groot plesier om saam met sulke toegewyde en uitstekende kollegas te werk.
Die verdagtes gaan binnekort in die Cullinanse Landdroshof verskyn.

Lede van die gemeenskap kan die SAPD help om bedrog, korrupsie en onetiese optrede of enige ander verdagte optrede aan te meld by 082-313-8299 of 082-444-4354.

 

© 2018 Die/The Bronberger