Did you hear about the crazy
hat party held at Ndlovu
Lodge’s boma in the beginning
of April? Even diplomats
from the Japanese embassy
took part in the fun. They
folded hats from newspaper
in the traditional Japanese
origami style en decorated
their creations with a red dot,
symbolising the Japanese
flag. If you thought that diplomats
won’t dance in the dust of an African boma, think again. This party
kept Ndlovu’s Ben and Amos awake until the early hours of the morning.

xxx
Ons hoor ’n paar vierwielfietsers het hulle op ’n onlangse naweekuitstappie
skielik op ’n baie nat grondpad neffens die Mangwanani Spa in Bashewa
bevind. Wat vreemd was, omdat daar nie eintlik sprake van reën was nie. By
nadere ondersoek blyk dit toe dat die oorsaak van die ontydige modderpad
rou riool was. Die een ‘quadgeesdriftige’ meen dat iemand bloot riool in die
pad uitgepomp het. Die riool het toe in ’n stroom padlangs gevloei en uiteindelik
in die spruit beland. Gevaarlike dinge in die drinkwater.
xxx
Die moontlikheid om toegang tot die Zwavelpoort-teerpad en ander toegangspaaie
na die suidelike dele van Zwavelpoort met hekke te beheer,
word deur inwoners ondersoek. ’n Vergadering hieroor is op 18 April gehou.
xxx
Ons hoor die honde-ooievaar het ’n sekere hoewe in Zwavelpoort onlangs
met mening besoek. Die gevolg is dat nog ’n tienstuks baie oulike baster
Jack Russel-brakkies na nuwe huise soek. Jy kan Herman bel by:
083-263-3069 as jy dalk in só ’n huis bly.
xxx
Op Kungwini se webblad is daar hierdie maand een inskrywing onder
‘events’ en dit is ’n sogenaamde ‘imbizo’ van die burgemeester. ‘Imbizo’ is
die Zoeloewoord vir vergadering en die prikkelaar op die webblad wil te
vertelle hê dat dié imbizo sal gaan oor ‘Business Unusual’. ’n Onderwerp
waaroor Kungwini se stadsvaders en munisipale amptenare om al die verkeerde
redes beslis uitgebreide kennis en ervaring behoort te hê, reken ons.
Maar as jy meer oor die gedoente wil weet, moet jy op die webblad kliek op
‘read more’ en daardie skakel wil om de dooie dood nie werk nie. In die rede
wat ons rekenaar gee vir die weiering van die skakel om oop te maak, lê dalk
profetiese waarhede oor Kungwini se ‘imbizo’ en optrede in die algemeen
opgesluit. Dit sê: “Arguments are of the wrong type, are out of acceptable
range, or are in conflict with one another.” |