Hulde aan helde PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 June 2018 10:16
Untitled Document

Nellie Roos van Grootfontein skryf:
Kommentaar, ‘Hulde aan helde’, in Die Bronberger se April-uitgawe verwys:

Ek bring ook graag saam met u hulde aan almal wat sulke opofferings agter die skerms maak. In die besonder aan die onderskeie buurtwagte wat omsien na ons veiligheid, asook die komitee wat een keer per maand vir ons Tierpoort Seniors ‘n oggend-ontspanning reël. Baie dankie vir julle onbaatsugtige omgee en liefde.

Besondere hulde aan die redaksie van ons Bronnie, dat julle vas staan by julle hoë morele standaarde en geen plek laat vir dit wat nie by ons mooi tydskrif tuis hoort nie.

Ook baie dankie aan ons adverteerders. Sonder julle bydrae kan ons dalk more sonder ‘n Bronnie wees.

Baie dankie vir ons mooi tydskrif.

 

© 2018 Die/The Bronberger