Bronnie is handig PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 June 2018 10:15
Untitled Document

Charles van der Linde van Willow Park Manor skryf:
Dis my eerste keer wat ek julle tydskrif sien – Die Bronberger, April 2018 Vol 16 No 8. Dis ’n baie handige boek en ek hou regtig baie van julle maandelikse tydskrif.

Waar kan ek hom elke maand kry, of doen julle digitaal ook? Ek het die boek gekry by Genpower in Silver Lakes toe ek my ‘kompressor’ gaan afhaal het.

Baie dankie vir jou belangstelling in Die Bronberger. Die Bronberger verskyn een maal ‘n maand en tydskrifte is gewoonlik binne ‘n dag of twee opgeraap by die meeste van ons verspreidingspunte. Jy kan ons skedule vir die res van die jaar en ‘n volledige lys van ons verspreidingspunte op ons webtuiste kry – www.bronberger.co.za. Dit is onder die ‘Artikels’ afdeling by ‘Wanneer kom die Bronnie?’, Maart 2018. Ons webtuiste is ons redaksionele argiewe, maar ons gaan binnekort ‘n nuwe afdeling skep waar advertensies ook sigbaar gaan wees. – Red

 

 

© 2018 Die/The Bronberger