Sonder operasie gaan Bianca binnekort sterf PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 May 2018 08:06
Untitled Document

Die 16-jarige Bianca Fourie het dringend ‘n operasie, wat bykans ‘n miljoen Rand gaan kos, nodig, anders gaan sy dit nie maak nie. Haar ouers het nie ‘n mediese fonds nie, maar ‘n dokter van Wilgers-hospitaal is bereid om te help as fondse ingesamel kan word. Slegs R200 000 is aanvanklik nodig.

Dié pragtige meisie is besig om te sterf van komplikasies van ‘n kondisie wat daagliks in ander pasiënte herstel word – skoliose (ruggraatverkromming). Sy kry nie asem nie omdat haar ruggraat al 130 grade gebuig is, wat beteken dat daar nie plek in haar borskas is vir haar longe om behoorlik te werk nie.


Bianca Fourie in gelukkiger tye by haar honde
Foto’s: Verskaf

Sy is reeds op suurstof-aanvulling by die huis, sukkel om te eet, word gou moeg en kan nie meer haar arms bo haar kop oplig nie. Bianca kon nie met die begin van die nuwe termyn terug gaan skool toe nie.

Sy is met skoliose gebore en haar rug het sedert geboorte pyn veroorsaak, maar dit vererger nou. Bianca het op agtjarige ouderdom ‘n rugstut begin dra. Haar ouers, Gustav en Madeleen Fourie, het sedert 2015 gehoop dat sy by Steve Biko Staatshospitaal geopereer kan word. Sy was op ’n waglys by dié hospitaal, maar hulle het in die begin van die jaar laat weet dat hulle haar nie kan help nie.


Bianca se ruggraat is al 130 grade gebuig en daar is nie plek in haar borskas vir haar longe om behoorlik te werk nie

Kamp
Bianca is deel van Hoërskool Oosterland op Secunda se orkes en was op 30 Maart op ’n orkeskamp in Pretoria toe sy haar ma gebel het om te sê sy voel nie lekker nie. Haar tannie, Annetjie Opperman, het haar by die kamp gaan haal en sy het van pyn gekla en dat sy nie asem kry nie.

Bianca is op 31 Maart in Thembisa Hospitaal opgeneem. Op 4 April het ‘n dokter gesê dit lyk of sy inflammasie tussen haar ribbes het.

Dokters sê dat Bianca ten minste twee tot drie maande in traksie in ‘n hospitaal moet deurbring om die rugwerwels so reguit as moontlik te kry voor ‘n operasie gedoen sal kan word. Só ‘n operasie sal agt tot tien ure duur. As die gesin nou R200 000 bymekaar kan kry, kan Bianca solank in Wilgers Hospitaal opgeneem word, waar sy behandel kan word.


Bianca kry suurstof-aanvulling by die huis omdat sy sukkel om asem te kry

Help
Die gesin het die Child Medi Organisation, ’n organisasie wat hulp verleen aan kinders met mediese toestande, genader. As jy wil help om Bianca se lewe te red, kan jy ‘n skenking maak aan Child Medi Organisation by FNB, rekeningnommer 626 325 81056, takkode 250655. Die verwysing is Bianca Fourie en die e-posadres is This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2018 Die/The Bronberger