Goliat van Gat sorg vir vet pampoenpret PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 April 2009 10:06
Untitled Document

Elsabé Maré

Die landwye Groot Goliat van Gat pampoenwedstryd het met ’n reuse pampoenpastei op Vrydag 20 Maart by die Pioniersmuseum in Silverton geëindig.

Dié pretkompetisie is in Oktober verlede jaar by die Landboukorrels Boeredag in die Cullinan Boere- Uniesaal geloods om mense meer bewus te maak van landbou en te wys hoe kwesbaar boerderybedrywighede is. Dit is die breinkind van Louis Meintjies.


Die pampoenfees is goed ondersteun
.
.

Louis Meintjies, adjunk-president van die Transvaalse Landbou-Unie, loer gou in die oond om te kyk hoe die pastei vorder

Cullinan-distrik se Landbou-Uniespan het by die Pioniersmuseum byeen gekom om te probeer om die grootste pampoenpastei in die wêreld te bak. Dié spannetjie se reuse pampoene is met ’n vleissaag gesny, per hand afgeskil, gewas, geweeg en in dromme gekook tot dit gaar was.

Daarna is die mengsel van suiker, meel, kaneel, sout en 336 dosyn eiers by die 830 kg pampoen ingeroer en die pastei is in die tuisvervaardigde oond gebak.

Die pastei het 1 446 kg geweeg en alle ‘bewyse’ van die reuse pastei is na die ‘Guinness Book of Records’ gestuur.

Die grootste pampoen in die landswye Groot Goliat van Gat pampoenwedstryd was die 156 kg bielie van Lood Fourie van Roodeplaat.


Henri Combrink, voorsitter van die Cullinan DLU, het so pas ?n telefoononderhoud met Radio Pretoria gevoer en vra al die helpers in die tent om die radiostasie te groet

Pampoene wag in ?n ry om geweeg te word
.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger