leserslens Mei 2018 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 22 May 2018 07:57
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.  Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Gene de Lange van Bashewa het sy huiskat betrap waar hy ernstig oorweeg het of ’n vissie vir ontbyt dalk vorentoe sou smaak


Op pad na Cullinan: Die stoomtrein van Friends of the Rail is deur Laurika van Rayton afgeneem waar dit volstoom op ’n draai afpyl


Op die N4 na Pretoria
Foto: Emma Koekemoer


Die son sak oor Bronbergland
Foto: Arona Gerber


Grassade in die padreserwes het ook hulle herfsklere aan
Foto: Emma Koekemoer


Die hemel lê blou oor die Boschkopvallei
Foto: Alet Erasmus


Hermann Grobler van Rayton het dié mahem uit ’n ander hoek afgeneem


Laurika en Vyf het dié herfsrangskikking aangestuur


Sonsondergang op Onbekend
Foto: Benita Bekker


Saterdagmiddag langs die viswaters van Zonderwater
Foto: Hermann Grobler


Die 16-jarige Nina Louw en haar twee sussies het met hulle plaasbakkie in die Klipkop-bewaringsgebied gaan staan. Hulle pa het tot die redding gekom en ‘n gebreekte bierbottel is as tregter gebruik
Foto: Nina Louw

 

© 2018 Die/The Bronberger