Generasies skoolkinders het
Henry Rider Haggard leer ken
as avontuurskrywer van boeke
soos ‘King Solomon’s mines’ en
‘She’. Ander ken hom uit die geskiedenisboeke
as Britse koloniale amptenaar
en landbouhervormer. ’n
Minder bekende feit is dat Henry,
toe hy in die 1870’s Pretoria toe
gekom het, ’n buite-egtelike babadogtertjie
in Kerkstraat se begraafplaas
agtergelaat het.
Dié dogtertjie het nie eers twee
maande oud geword nie en haar
graffie kan vandag nog in die geskiedkundige
ou begraafplaas in
Kerkstraat, langs die helde-akker,
gesien word. Henry het dié graffie
meer as dertig jaar later opgesoek
toe hy as Sir H Rider Haggard weer
Pretoria toe gekom het.
Henry Rider Haggard, sittend, en
sy vriend Arthur Cochrane kort na
hul terugkeer na Engeland van
Suid-Afrika in 1881
Foto: Uit ?Diary of an African Journey?
Gebore
Henry is te Brandenham Hall, Norfolk,
Engeland gebore. Hy het as
19-jarige Suid-Afrika toe gekom as
sekretaris van Henry Ernest Gascoyne
Bulwer, goewerneur van
Natal. In 1876 is hy oorgeplaas na
die personeel van Sir Theophilus
Shepstone, spesiale kommissaris vir
Transvaal, en beland so in Pretoria.
Henry en sy vriend, Arthur Cochrane,
het ’n erf in die buitewyke van
Pretoria gekoop en daar vir hulle ’n
sinkdakhuisie, bestaande uit twee
kamers en ’n kombuis, gebou wat
hulle spottenderwys “The Palatial”
gedoop het. Dié huis het later bekend
gestaan as Jess’s Cottage na
aanleiding van Henry se boek ‘Jess’.
Maar nee, ‘Jess’ was nie die ma van
Henry se dogtertjie nie. Volgens
Leon Rossouw se boek, ‘Die groot
verlange: Die verhaal van Eugène N
Marais’, was dit Eugène Marias se
suster, Gezina Constantia Marais
wat later met Rex getroud is, wat as
inspirasie vir die boek gebruik is.
Johanna
Die ma van Henry se dogtertjie was
’n getroude vrou wie se man blykbaar
nooit geweet het dat die
dogtertjie nie syne was nie. Ons
praat hier van Johanna Catharina
Ford, ’n nooi Lehmkuhl, wat op
10 November 1854 gebore is. Sy
was ongeveer twee jaar ouer as
Henry, wat op 22 Junie 1856 gebore
is.
Johanna is reeds op 11 Januarie
1875 met Lewis Peter Ford getroud.
Die Ford familie was van die eerste
Transvaalse pioniers en Fordsburg is
na hulle vernoem.
Een van Johanna se kinders was
Ethel Rider Ford, gebore op 16 September
1879 en oorlede op 5 November
1879. Sy is saam met haar
sussie Lily Ford, wat op 30 Julie 1878
gebore is en op 23 Julie 1879 oorlede is, begrawe in die Ford familiestandplaas
in Kerkstraat se begraafplaas.
Hulle ma, Johanna, is ook na
haar dood op 30 Augustus 1885 daar begrawe.
Henry Rider
Haggard by
sy lessenaar
Foto: London
Stereoscopic
Company
Ethel
Hoe dit moontlik is dat die advokaat
Lewis Ford nie vermoed het dat dié
dogtertjie, wie se middelnaam dan
selfs Rider was, nie sy kind was nie,
weet niemand nie. Die teorie is dat
hy waarskynlik geweet het, maar dit
net nooit te kenne gegee het nie.
Ethel Rider Ford is gedoop in die St
Alban’s Anglikaanse Kerk in Pretoria
op 25 Oktober 1879. Die doopregister
toon haar ouers aan as Lewis en
Johanna Ford van Pretoria. Die twee
getuies wat by die doop geteken
het was niemand anders nie as
Henry Rider Haggard en sy vriend
Arthur Cochrane.
Henry is in 1881 terug Engeland toe.
Blykbaar was dit daardie jare bekend
dat Henry een of ander romantiese
‘komplikasie’ in Pretoria gehad
het, maar die besonderhede daarvan
het eers aan die lig gekom toe
Victoria Manthorpe se boek ‘Children
of Empire – The Victorian Haggards’
in 1996, lank na Henry se
dood op 14 Mei 1925, verskyn het.
Victoria het die feite gekry in Henry
se vriend, Arthur Cochrane, se korrespondensie.
Die feite is bevestig deur navorsing
van ‘Natal Witness’ se assistentredakteur
Stephen Coan. Hy het die
dagboek wat Henry met sy 1914 reis
Suid-Afrika toe gehou het, geredigeer
en die inleiding daarvoor geskryf.
Grafte
Henry het as deel van die ‘Dominions
Royal Commission’ in 1914
terug gekom Suid-Afrika toe.
Johanna was toe reeds oorlede.
Henry het in sy dagboek geskryf dat
hy sy minnares en dogter, Johanna
en Ethel, se grafte besoek het; ’n
feit wat in vorige skrywes oor dié
besoek, uitgelaat is.
Die laaste keer wat Henry vir Johanna
gesien het, was hy self reeds
getroud en het in Newcastle, Natal
gebly. Hy het met ’n vriendin van sy
suster getrou nadat die liefde van sy
lewe moeg geword het om vir hom
te wag om ’n betalende beroep op
te bou. En nee, dié liefde was nie
Johanna nie.
Die storie werk so: Henry was in
Brittanje al smoorverlief op ’n meisie
met wie hy nie kon trou tot hy
nie ’n betalende loopbaan opgebou
het nie. En dit het Henry veral
gesukkel om gedoen te kry.
Diary of an African Journey?
(1914)
Sukkel
Blykbaar het Sir William Meybohm
Rider Haggard vreeslik gesukkel met
sy seun Henry, die agtste van tien
kinders. Henry se ouer broers is
almal na die top skole toe gestuur,
maar Henry se pa het vermoed dat
Henry nooit iets van homself sou
maak nie en wou nie sy geld op dié
kind se opvoeding mors nie.
Nadat Henry sy weermag toelatingseksamen
gedop het, is hy na ’n
instansie in London gestuur wat
hom moes help voorberei vir die
toegangseksamen tot die Britse
Departement van Buitelandse Sake.Dié eksamen het hy egter nooit eers
geskryf nie.
Ten einde raad stuur sy pa hom toe
in 1875 Suid-Afrika toe as ’n onbetaalde
assistent tot sekretaris Sir
Henry Bulwer, luitenant-generaal
van die Kolonie van Natal.
Verlief
Met Henry se oorplasing na Pretoria
was hy steeds smoorverlief op Mary
Elizabeth (Lilly) Jackson met wie hy
graag wou trou die oomblik as hy ’n
salaris begin verdien het. In 1878
het hy Registrateur van die Hooggeregshof
van Transvaal geword en vir
sy pa geskryf dat hy beplan om huis
toe te gaan om met Lilly te trou.
Sy pa het hom verbied om dit te
doen omdat hy nog nie ’n loopbaan
vir homself gebou het nie. Lilly wou
nie langer wag nie en is in 1879
getroud met Frank Archer, ’n ryk
bankier. Dit is rondom hierdie tyd
wat Henry en Johanna se liefdeskind,
Ethel Rider, in Pretoria gebore
is.
’n Jaar later, in 1880, is Henry met ’n
vriendin van sy suster, Louisa Margitson,
getroud. Louisa het hom
Suid-Afrika toe gevolg waar hulle
tot in 1881 in Natal gebly het. Hulle
het ’n seun Jock, oorlede op die
ouderdom van 10 jaar, en drie
dogters, Angela, Dorothy en Lilias,
gehad.
Met sy terugkeer na Engeland het
Henry regte studeer en is in 1884
toegelaat tot die balie. Hy het sy
beroep blykbaar vreeslik afgeskeep
omdat hy eerder boeke wou skryf.
?King Solomon?s Mines? |
?She? |
Verlaat
Jare later, toe Henry ’n suksesvolle
skrywer was, het sy verlore liefde,
Lilly, hom weer opgesoek. Haar ryk
man het haar intussen verlaat. Hy
het fondse verduister, is bankrot
verklaar en het Afrika toe gevlug.
Lily was pennieloos en Henry het
haar en haar seuns in sy eie huis
ingeneem en betaal vir die kinders
se opvoeding.
Lilly is egter later agter haar man
aan Afrika toe, waar hy haar met
sifilis aangesteek het voor hy
daaraan dood is. Lilly is in 1907
terug Engeland toe waar Henry
haar onderhou het tot haar dood op
22 April 1909.
Die opstal waarin Rider Haggard buite Newcastle, Natal op die plaas
Rooipunt gebly het in 1881
Foto: Haggard?s Hilldrop
|