Grootste Cullifest lok duisende besoekers PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 May 2018 07:51
Untitled Document

Die grootste Protea Cullifest in 18 jaar is van 27 tot 29 April in Cullinan gehou.


Steve Hofmeyr op die verhoog
.

Meer kraampies as ooit te vore het derduisende mense gelok

Bekende sangers soos Steve Hofmeyr, Jak de Priester en Elizma Theron het reuse skares getrek en mense het gesukkel om sitplek by die bier- en wyntente en voor die verhoog te kry.


Daar is hoog in die lug rondgeswaai

Danielle Grobler by Japie van Staden se proteas

Vanjaar was daar ook meer vlooimark-kraampies as ander jare en selfs die pretpark het tot ‘n volwaardige feesterrein gegroei met bangmaak-ritte van uiteenlopende aard.


Daar was nêrens ‘n oop sitplek beskikbaar by dié fees nie

Die fees se fokus was weereens op plaaslike blommeboer, Japie van Staden, se proteas. Feesgangers het die geleentheid gehad om dié proteaboer te ontmoet en protea-blomme en -plante is te koop aangebied.


Besoekers stroom by die hekke in

Daar is gesmul aan tradisionele en nuwerwetse eetgoed en mense se koopsakke was vol handgemaakte ware, geskenke, juwele en eiesoortige klere.


Baie mense het met arms vol proteas rondgestap


Gesinne het die pretritte saam aangepak
.

Die harwar het party mense na stiller uithoeke van die feesterrein laat ontsnap

Groot en klein het na die pretpark gestroom
.

Kokke van alle aard en omskrywing het die koskraampies aan die gang gehou
 

© 2018 Die/The Bronberger