Fees met skop op hande PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 May 2018 07:50
Untitled Document

Die Mampoerfees is op Saterdag 2 Junie by die Willem Prinsloo Landboumuseum. Vanjaar se gaskunstenaar is Pieter Koen en daar gaan verskeie pretkompetisies, demonstrasies, uitstallings, boeresport en ‘n vlooimark wees.

Mampoer, witblits en likeurs word by die fees per sopie geproe en per bottel verkoop. Distilleerders wat aan die Kultuurstokersgilde behoort kom van dwarsoor die land om aan dié nasionale kampioenskappe deel te neem. Beoordeling geskied volgens die nasionale erkende reëls.


Die Mampoerfees is om die draai
Foto: Mampoer Kultuur Stokers Gilde

Behalwe mampoer word likeurs met ’n witblitsbasis, wat gewoonlik ’n alkoholinhoud van ongeveer 23% het, ook beoordeel. Dié spesialiteitlikeur gebruik vrugte en geure soos anys, peperment, koffie en sjokolade. Roomlikeure word ook gemaak.

Besoekers kan ontspan in die biertuin, rondloop tussen die vlooimark- en koskraampies en pap en kaiings, gemmerbier en tradisionele soetkoekies geniet.


Vanjaar se gaskunstenaar is Pieter Koen

By die Ou Werf is daar begeleide toere deur die 1880-huis; demonstrasies van tradisionele werfaktiwiteite soos kersemaak, en tuisgebakte brood uit die bakoond met plaasbotter en konfyt.

Die Willem Prinsloo Landboumuseum is uit met die N4-Oos-snelweg. Neem die Rayton/Cullinan afrit en draai oos op die ou Bronkhorstspruitpad (R104). Vir meer inligting, skakel 076-054-5229.

 

© 2018 Die/The Bronberger