Grafte sink in na swaar reën PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 May 2018 07:47
Untitled Document

Grafte in die Pretoria-Oos Begraafplaas het ingesink na die swaar reën in April. Besoekers aan dié begraafplaas kla dat daar voetpaadjies reg bo-oor grafte loop en dat die gronde nie behoorlik in stand gehou word nie.

In ‘Rus-in-vrede iets van die verlede’ het ons verlede maand berig dat begraafplaaspersoneellede sê dat hulle deur plakkerskamp-inwoners, wat daagliks deur die begraafplaas loop, aangeval word.


Die grafte wat ná die swaar reën ingesink het
Foto’s: Verskaf

Mense wat geliefdes in die Pretoria-Oos Begraafplaas begrawe het, sê dat dit nie veilig is om alleen daar besoek af te lê nie. Hulle kla dat die grensmuur tussen die begraafplaas en die plakkerskamp afgebreek is sodat inwoners water in die begraafplaas kan gaan haal.

Tshwane Streek Ses se besturende direkteur, Billy Sepuru, het gesê dat die klagte aangespreek sal word. Hy het gesê dat die grafte wat ingesink het eers ná die reënseisoen heeltemal verby is, weer opgevul sal word.


Die plakkerskamp tussen die begraafplaas en Woodlands Boulevard

 

© 2018 Die/The Bronberger