Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2018 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 May 2018 07:46
Untitled Document


Windpomp se spesiale Vadersdagmark is op 26 Mei van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Die mark daarna is op 30 Junie. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Die Featherwood Winterfees is op 2 Junie net buite Rayton op die Nooitgedachtpad 44, Elandshoek. Daar gaan ‘n potjiekoskompetisie wees, vlooimarkkraampies en Jakkie Louw gaan optree. Mnr en Mej Featherwood gaan gekies word, mense kan in ‘n biertent lafenis vir droë kele soek en die aand lekker dans terwyl Kosie Beukes en sy orkes vir vermaak sorg. Bel Susan: 082-366-0140 of Adriana: 082-434-3173 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


UB40’s 25th SA Anniversary Tour includes a performance at Time Square on 19 May at 8.30 pm. They will be performing all-time classic hits such as ‘Red Red Wine’, ‘Kingston’ and ‘Can’t help falling in Love’. The trio, Ali Campbell, Astro and Mickey Virtue, has performed since 1979 and they reformed the band in 2013. They released a critically acclaimed top 10 album in 2014, ‘Silhouette’, and have plans to release a new studio album later this year. Tickets cost R460 to R915. The venue is at 209 Aramist Avenue, Menlyn. Phone them at 086-084-6377.

~*~


Musieklegende Karin Hougaard bly al sedert 2008 in die Verenigde State. Sy is hier op besoek en doen op 27 Mei om 5 nm ‘n verhoogproduksie genaamd ‘Grepe’ by Atterbury-teater. Die vertoning strek van ou treffers soos ‘Bly’ en ‘Kruietuin’ tot nuwe komposisies. Dan is daar ook liedere wat sy saam met die Nederlandse kunstenaar Herman van Veen geskryf het, en haar vertolkings van Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertaling van die sonnette van Shakespeare. Sy word deur Jaconell Mouton begelei. Die regié is deur Marí Borstlap behartig. Kaartjies kos R160 tot R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Tierpoort hou elke Saterdag van 9 vm tot 2 nm ’n gemeenskapsmark, geborg deur die Tierpoortse Q4 / OK Foods en Pretoria Voedsel Koöp. Eddie Becker maak lekker musiek terwyl mense hulle inkopies doen en eetgoed geniet. Vir meer inligting, bel André by 084-862-7769 of Charmaine by 081-725-8074.

~*~


Jo Black tree op 1 Junie by Weiveld in Zwavelpoort op. Kaartjies kos R70 en die deure maak om
7 nm oop. Jo Black, gebore Jo Engelbrecht, het in Pretoria-Noord grootgeword en het vir agt jaar sy eie konstruksiemaatskappy bestuur. Hy het die ‘Be that Guy’ beweging gestig en inspirerende praatjies begin lewer. Jo het al meer as 100 skole landswyd met die praatjies besoek. Hy is ‘n talentvolle musikant met ‘n klank wat as ‘pub rock’ beskou word. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad. Skakel 071-471-6698.

~*~


Boma Vleismark het twee Cleaver-toekennings vanaf die SA Rooivleisbedryf gekry. Hulle Moreletapark-tak het die Platinum Provinsiale toekenning gewen en die Olympus-tak het Goud Nasionaal gewen. Die toekennings is vir higiëne, gehalte, diens en waarde vir geld.

~*~


Die Rooi Fijnwyn Wyn- en Kosfees word op 16 en 17 Junie van 10 vm tot 5 nm by Shokran in Tierpoort gehou. Wynproe sluit rooiwyn en port in en daar is deli koskraampies, musiekoptredes, pret vir kinders en volop veilige parkering. Kaartjies sluit wynproe en ‘n glas in en is R160 vir volwassenes. Kinders tussen 12 en 18 jaar se toegang is R50 en kinders onder 12 jaar gaan gratis in. Meer as 40 wynlandgoedere neem deel, soos La Vierge, Beyerskloof en De Krans. Kaartjies is by www.itickets.co.za beskikbaar. Bel Charmaine: 082-335-5659, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.fijnwyn.co.za. Shokran is op plot 99 Luiperdstraat, Tierpoort.

~*~


‘Super Bands’ is the name of the show that is on until 3 June at the Rockwood Theatre. Performances are held from Thursdays to Saturdays at 8.30 pm and on Sundays at 2 pm. The show pays tribute to bands such as Supertramp, Led Zeppelin, Journey, Dire Straits, Jefferson Airplane, Oasis, Pink Floyd, Foreigner, Queen, Kiss, The Beatles, Eagles, Police, U2 and AC/DC. Hits that will be performed range from ‘Every Breath You Take’, ‘Thunderstruck’, and ‘Another Brick in the Wall’ to ‘I Want To Break Free’, ‘The Logical Song’, ‘Whole Lotta Love’, ‘I Wanna Know What Love Is’ and ‘We Built This City’. Tickets cost R130 to R200. The theatre is on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street in Moreleta Park, telephone: 012-368-1555.

~*~


Prime Circle tree op 1 Junie om 8 nm by Rafters op. Dié Suid-Afrikaanse musiekgroep van Witbank word as een van die suksesvolste rock-groepe in die land beskryf. Hulle debuutalbum, ‘Hello Crazy World’, is in 2002 uitgereik. Hulle is bekend vir liedjies soos ‘Hello’, ‘Same Goes For You’, ‘Let Me Go’, ‘Live This Life’, ‘Maybe Wrong’, ‘My Inspiration’, ‘As Long as I’m Here’ en ‘Miracle’. Die groep se optrede word voorafgegaan deur Wit kasteel. Kaartjies kos R150. Rafters is op die hoek van Garstfonteinweg en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof. Skakel 071-610-2132.

~*~


The vegan food market is every second Sunday of the month from 9 am to 4 pm at Klitsgras Drumming in Tierpoort. The next one is on 10 June. A large variety of stalls will be selling food, cosmetics and produce. There will be games for all ages with the focus on family and friends; music interaction for children and a live act to entertain the adults. Well-behaved pets on leashes are welcome. The day starts at 8.30 am with meditation. At 9 am there is yoga and at midday the live music starts. Phone Nina: 084-207-2914; Henry: 072-187-2986; or Melissa: 073-151-4392. The market is on the corner of Tierpoort and Leribisi Roads.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappie na Cullinan is op 27 Mei en 17 Junie. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure op Cullinan oor. Kaartjies kos R320 vir volwassenes, R270 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R240 vir tieners en R160 vir kinders van vier tot 12 jaar oud. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186

~*~


Moenie vergeet van NG Kerk Rayton se Sosatiefees op Saterdag 26 Mei nie. Almal is welkom om in te skryf en hulle eie spog-sosaties te gaan braai. Daar is ontbyt, pap en sosaties, wors, kaiings, pannekoek en ander teetuin-geregte te koop. ’n Pret-stap en -fietsrit word gehou en daar gaan baie vermaak en speletjies vir die kinders wees. Die fees is by Pêrelstraat 31. Toegang is gratis. Bel Linda by 082-563-0437 of 012-734-4323.

~*~


KragDag se besoeker-registrasies het geopen. Spaar die R80 ingangsfooi en registreer aanlyn by www.kragdag.co.za vir gratis toegang tot die ekspo wat van 9 tot 11 Augustus by Diamantvallei op Rhenosterfontein gehou gaan word. Voorafregistrasies verseker dat jy vir ’n onbeperkte hoeveelheid kere oor die drie dae toegang tot dié selfstandigheidsekspo sal kan verkry. Jy kan meer leer oor alternatiewe energie, waterbesparing, voedselverbouing, gesondheid en opvoedkunde; praatjies bywoon en koskraampies en ‘n biertuin besoek. Daar gaan ook ‘n snuffelmark vir die kreatiewes en pret vir oud en jonk wees.

 

© 2018 Die/The Bronberger