Tannie Hantie sê dankie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 May 2018 07:43
Untitled Document

Ada-Marié Booyse van Rayton skryf:
Ek en my familie, ingesluit my ouma, was by die Cullifest in Cullinan. Daar was ongelooflik baie mense – van klein kindertjies, jolige jeug tot senior burgers.

Saterdag was Steve Hofmeyr se optrede en die mense het gewemel en daar was groot opwinding om dié groot ster se opvoering te aanskou. Daar was so baie mense dat daar nie plek was vir ’n muis nie.

Die mense het skouer-aan-skouer gestaan met Steve Hofmeyr se verskyning. Dit was ongelooflik om te sien hoe almal saamgekom het en dit geniet het, maar my ouma het dit moeilik gevind om verby al die massas mense te beweeg.


Tannie Hantie Diedericks saam met Steve Hofmeyr

Dit was tot haar verbasing en dankbaarheid dat soveel jongmense haar gehelp het. Maak nie saak waar sy was of hoeveel mense om haar was nie, dit was die jongmense wat haar elke keer vergesel of die pad vergemaklik het.

Tannie Hantie Diedericks sê dankie aan die jeug by die Cullifest van 2018. Ons sien julle volgende jaar weer!

 

© 2018 Die/The Bronberger