Polisie help Asjas PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 May 2018 07:42
Untitled Document

Deon en Marietjie Alers van Tierpoort skryf:
Ons was Saterdagaand 5 Mei uithuisig. Om 7 nm was daar ‘n vals alarm by ons huis in Rooikatstraat, Tierpoort. Die geraas was een te veel vir ons een-jaar-oue worshondjie, Asjas. Sy het besluit om die pad te vat, reguit na Q4 se kant toe.

Twee barmhartige samaritane van Welbekend SAPD het haar 1 km verder in Tierpoortweg in hulle polisievoertuig gelaai.


Asjas saam met konstabels Jacques le Roux en Michael Liversage

Danksy die wonderlike gemeenskap is die nuus versprei op boodskapgroepe en die SAPD lede is gekontak. Hulle het Asjas teen 11 nm veilig aan ons terug besorg.

Hiermee ons opregte dank aan konstabels Jacques le Roux en Michael Liversage.

As die Welbekend-polisie soveel vir ‘n dier omgee – hoeveel te meer vir die gemeenskap.

 

© 2018 Die/The Bronberger