Inteken op die Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 May 2018 07:42
Untitled Document

Maans Carstens van Waterkloofrif skryf:
Ek het julle tydskrif baie geniet en het reeds vir Hannelie by Du Plooy Melkery gekontak. Ek sal graag die tydskrif gereeld wil kry. Hoe gereeld verskyn dit en waar kan ek dit kry?

Die Bronberger word sedert September 2002 een maal ‘n maand, rondom die middel van die maand, versprei. Dit lyk my die naaste verspreidingspunte aan jou is by Caltex-Vulstasie in Waterkloofrif en by die Waterglen-sentrum. ‘n Lys van ons verspreidingspunte in die ooste en ten ooste van Pretoria, op Rayton, Cullinan en Bronkhorstspruit is op ons webtuiste, www.bronberger.co.za, beskikbaar. Gaan na ‘Artikels’ en kies ‘Wanneer kom die Bronnie?’ by Maart 2018. Ons het ook ‘n intekendiens vir mense wat buite ons verspreidingsgebied woon. Stuur gerus ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it en ons sal die intekenvorm vir jou aanstuur. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger