Perde ingespan teen toenemende misdaad PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 April 2009 09:59
Untitled Document

Elsabé Maré

Misdaad is weer aan die toeneem in Cullinan en dit lyk asof die meeste gevalle van diefstal gepaard gaan met die vergiftiging van honde. Pieter Vosloo van Diamant Alarms Sekuriteit sê dat grassnyers, fietse en enigiets wat los rondstaan of sigbaar in ’n oop kar is, gesteel word.

Hy raai inwoners aan om die serienommers van hulle eiendom af te skryf en op ’n veilige plek te bewaar. “As alle misdade, hoe klein ook al, aangemeld word, kan die polisie ’n patroon vasstel. Daar kan vir die misdadigers ’n strik gestel word anders versprei die woord dat dit maklik is om in Cullinan gou ietsie op te tel,” sê Pieter.

As jy iets verdag gewaar, bel die polisie of sekuriteitsmaatskappy. ’n Cullinan-inwoner het ’n verdagte wit bakkie gesien wat drie persone in die middel van die nag aflaai en die volgende dag is diefstal in daardie straat aangemeld.


Johan van Zyl op Rho-John en Thearan Candasamy op Horse-Radys is van die berede eenheid in Zonderwater wat patrollies deur Cullinan en omliggende plotte doen ter ondersteuning van die SAPD se sigbare polisiringsinisiatief

 

© 2019 Die/The Bronberger