Eerste jakarandas PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 May 2018 07:41
Untitled Document

Barbara Galanos van Pretoria skryf:
Ek weet jakarandatyd is nog ver vorentoe maar dit sal heel interessant wees om te weet wie die heel eerste Mej Jakaranda in Pretoria was.

Dit was om en by 1947 of so iets en ek het al probeer google maar soos ek van my ou tante verstaan het, was dit oor die radio uitgesaai met ’n bedrag geld wat aan die person gegee was.

Ek verstaan Die Bronberger konsentreer meer op die gebied se geskiedenis, maar dit is tog nog steeds Pretoria en die jakaranda is so ’n groot deel van ons almal.

Dit sal ook heel interessant wees om te weet hoe die eerste jakarandaboom in Suid-Afrika beland het en in watter jaar, want ek sien die jakarandas begin ook nou hier in die ooste sy kop uitsteek.

So elke nou en dan kry ek êrens Die Bronberger en geniet die blad vreeslik. Miskien kan julle so ’n klein “Did you Know” algemene kennis oor Pretoria-afdeling skep wat elke keer net so vyf tot 10 feite gee oor die hele Pretoria.

Baie dankie vir jou belangstelling in Die Bronberger. Ons het in Februarie 2012 ‘n artikel oor Pretoria se eerste jakarandas gedoen. Gaan loer gerus op ons webtuiste, www.bronberger.co.za. Die eerste twee jakarandas in Pretoria is in 1888 deur markmeester Japie Celliers op sy eiendom, Myrtle Grove, aangeplant. Dit is waar Sunnyside se Engelse laerskool vandag is – Celliersstraat 146. Dié twee bome is met ‘n gedenkplaat gemerk en hulle staan vandag nog, wat hulle 130 jaar oud maak. Sekere bronne sê dat Japie die bome van Rio de Janeiro ingevoer het, terwyl ander sê dat hy hulle van ‘n besending bome gekry het wat deur Baron von Ludwig vanaf Brasilië ingevoer is. Ander sê dat die bome deur ‘n besoekende tuinboukundige van Kaapstad, ene Tempelmann, in Japie se tuin geplant is. Ongelukkig weet ons nie wanneer die eerste Mej Jakaranda gekies is nie. Lesers wat weet kan ons kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-734-0522. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger