Zwavelpoort lewer karate kampioene Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 20 April 2009 11:41
Untitled Document

Skyler Venter van Zwavelpoort het haar protea kleure in karate verwerf en gaan Suid-Afrika later vanjaar in die 2009 karate wêreldtoernooi in Indië verteenwoordig.

Die 11 jaar oue Skyler het haar protea kleure op 14 Maart gekry toe sy in Bloemfontein meegeding het teen kinders van dwarsoor die land in die Alle Style Nasionale Karatekampioenskap.

Beide Skyler en haar nege-jarige broer Kaige het in Februarie vanjaar hul Noord-Gautengse kleure vir karate verwerf. Skyler en Kaige is verbonde aan die Solis Ortus Karate Klub onder leiding van Sensei Eugene Oosthuizen. Altwee neem reeds vier jaar lank karate by dié klub.

Dié Ventertjies is tuisskolers en hul pa Douw sê karate is ’n ongelooflike sport vir jong kinders omdat die styl en dissipline bydra tot hulle ontwikkeling. Hy sê die oefensessies is hard en hou die kinders op hul tone en ook weg van die televisie af.


Skyler en Kaige Venter presteer in karate

 

© 2020 Die/The Bronberger