Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2018 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 20 April 2018 12:36
Untitled Document


Die volgende Fijnwyn Kos- en Wynfees is op 27 en 28 April. Daar is 46 wynlandgoedere wat deelneem, van Aan de Doors, Arendskloof en Allee Bleue tot Beyerskloof, Groenland en Goede Hoop; van La Vierge en Louis57 tot Middelvlei, Raka, Villiersdorp Kelders, Zandvliet en Zorgvliet. Daar is nie net wynproe nie, maar ook deli koskraampies, musiekoptredes, pret vir kinders en volop veilige parkering. Kaartjies sluit wynproe en ‘n glas in en is R160 vir volwassenes. Die fees word by Shokran op plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Besoek www.fijnwyn.co.za, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 082-335-5659.

~*~


Laerskool Witpoort se gewilde jaarlikse Biltongfees is op 19 Mei vanaf 4 nm. Vanjaar se gaskunstenaar is Adam Tas. Toegang is R160 vir volwassenes en R60 vir hoërskoolkinders. Skakel 012-111-0850 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Besoek www.witpoort.co.za. GPS Koördinate: S25° 57.583’ E28° 31.208’.

~*~


NG Kerk Rayton se Sosatiefees is op Saterdag 26 Mei vanaf 7 vm tot laat. Almal is welkom om in te skryf en hulle eie spog-sosaties te gaan braai om te bepaal wie as vanjaar se sosatie-koning gekroon gaan word. Daar is ontbyt, pap en sosaties, wors, kaiings, pannekoek en ander teetuin-geregte te koop. ’n Pret-stap en -fietsrit word gehou en inskrywings begin reeds om 6 vm. Daar gaan baie vermaak en speletjies vir die kinders wees, soos ‘n nar, ballonne en towerkunsies. Die fees word op die kerkterrein, Pêrelstraat 31, Rayton gehou. Toegang is gratis. Bel Linda by 082-563-0437 of die kerkkantoor by 012-734-4323.

~*~

Lesers het laat weet dat hulle mal is oor die nostalgiese terugblikke van vroeë inwoners in ons gebied. In Januarie het Anton Jansen vertel hoe Rietfontein toentertyd daar uitgesien het. In Februarie was dit Hendrik ver Loren van Themaat van Zwavelpoort se beurt en in Maart het Runa-Marie Jonker vertel hoe hulle 50 jaar gelede in Tierpoort aangekom het. Francois Breytenbach van Boskazi, Bashewa, het laat weet dat hy besig is om ou kiekies te soek om iets saam te stel oor sy familie, wat van die eerste inwoners op Bashewa was. Ons moedig lesers aan om hulle herinnerings en ou foto’s vir ons te stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


There is a scorpion walk at the Faerie Glen Nature Reserve on Saturday 21 April at 9:30 am. Participants meet on the lawn in front of the entrance building. Take a hat, water and comfortable shoes. The walk is free for Friends of the Faerie Glen Nature Reserve (FFGN). Non-members pay R50. The Friends’ next invasive plant hack is on 19 May at 8 am. Take along pruning loppers, a hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. For more information, phone Louise Kritzinger, FFGN chairperson, at 072-275-0614 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Bronkhorstspruit hou op 5 Mei ‘n Boerboelskou en basaar. Besoekers kan uitsien na heerlike eetgoed – van die beste vleis en wors. Die skou is op die hoek van Charl Cilliers- en Lanhamstraat, Bronkhorstspruit. Vir navrae, skakel 013-932-2929 of praat met Alvina van Rensburg by 083-448-9563.

~*~


Muddy Princess is a 5 km obstacle mud run for women – and women only. It is held on 21 April from 7.30 am at Legends MX at Rhenosterfontein on the R515 Road. The event is for women with all kinds of fitness levels, as long as you can crawl, walk, run, climb, laugh and play – a great opportunity for a “girls dirty day out”. For more information, phone them at 082-413-7726.

~*~


Galagos bied op Sondag 13 Mei ‘n Moedersdagontbyt van 9 vm tot 12 uur teen R150. Op 26 Mei is daar ‘n Laventelbederf-oggend saam met Nita Fourie. Ontgin jou kreatiwiteit en gaan maak jou eie stylvolle laventelproduk wat jy weer as ‘n geskenk vir jou geliefdes kan maak. Kuier saam om ‘n lekker ontbyttafel en verdryf jou stres. Galagos is op plot 66, Donkerhoek, naby die N4-Oos snelweg se Cullinan/Rayton afrit. Skakel 082-823-1812, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.galagos.co.za.

~*~


Windpomp Mark word op 27 en 28 April van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit gehou. Die mark daarna is op 26 Mei. Bel Adele by 083-445-1608. Daar is heerlike kos, eiesoortige uitstallers, pret vir die hele gesin – selfs vir die vierbeen-kinders. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Pretoria se eie ‘craft’ bierfees word op 27 April van 10 vm tot 6 nm by Hazeldean Valley se Cowhouse Mark gehou. Die mark is elke Saterdag en Sondag van 10 vm tot 4 nm. Op die laaste Saterdag van elke maand is daar ‘n aandmark tot 10 nm. Die laaste Vrydag bied ‘n aandmark van
5 nm tot 10 nm saam met ‘n Bruce bergfiets-nagrit. Daar is ‘n ‘n draf- en staproete, ‘n speelplek, fietsiebaan vir kinders, musikante en vermaak soos ponieritte en ‘n ‘ziplyn’. Draai regs in Ridgeweg vanuit Silver Lakesweg. Besoek www.hazeldeanvalley.co.za. Skakel 072-399-0154.

~*~


Die Randse Katteklub hou op 5 Mei ‘n kampioenskap katteskou van 9.30 vm tot 3 nm. Dit word volgens die regulasies van die Suider Afrikaanse Katteraad vir alle katterasse aangebied. Toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders onder 12 jaar oud en pensioentrekkers. Die skou is by Oewerpark Vermaaklikheidsplek in Edel Etaweg 40, Bashewa Landbouhoewes, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Bel Karen Labuschage van die Randse Katteklub-komitee by 082-824-2132, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Friends of the Rail’s Morris Minor Club Diamond Express steam train trip to Cullinan is on 22 April. Their Freedom Diamond Express trip is on 29 April. The train leaves at 8 am from Hermanstad. Tickets for adults are R320; pensioners and disabled persons pay R270; teenagers pay R240; children R160; and infants get a free ride. Phone them at 012-767-7913 or 082-098-6186.

~*~


Die Christelike Maatskaplike Raad welsynsorganisasie, wat met kinders en gesinne in nood werk, het nou ‘n teks-lyn vir R2 en R5 skenkings. As jy ‘n skenking vir die kinderfonds wil maak, teks die woord ‘donate’ na 36343 vir ‘n R5 skenking of na 47722 vir ‘n R2 skenking. Dié fondse gaan vir die evaluering en terapeutiese dienste vir verwaarloosde en mishandelde kinders. Groter skenkings kan gemaak word by Absa; rekeningnaam: CMR-Gauteng-Oos; takkode: 632005; rekeningnommer: 4059635688 met die verwysing: CMR Kinderfonds.

~*~


Die Xtant XTUT-uitstalling is tot 2 Mei aan by ArtBox in Monumentpark en wys jare se beeldhouwerk, drukwerk, tekenkuns en verftegnieke van 11 afgetrede lektore aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Die kunstenaars is: Andreas Schönfeldt; Ariana van Heerden; Gunter van der Reis; Leslie Reinhardt; Ingrid (Muffin) Stevens; Lynette ten Krooden; Ian Redelinghuys; Richard Adams; Carl Jeppe; Justinus van der Merwe; en Danie de Wet. Die foto wys ‘n skildery van Carl Jeppe. Skakel 012-346-0710.

 

© 2018 Die/The Bronberger