Groot reën nie vir Goliat ‘n seën PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 April 2018 12:33
Untitled Document

Die Goliat van Gat-pampoenfees is op 24 Maart in Silverton gehou en die wenner was Hugo le Roux met ‘n pampoen van 313 kg. Daar was pret vir die hele gesin met verskeie kompetisies soos ‘n pampoenpitspoeg-, pampoen-uitsny- en ‘n pampoen-dra-kompetisie. Verskeie kunstenaars het opgetree.

Die kompetisie word elke jaar deur TLU SA se Cullinan Boere-unie gereël en dit is waar die fees se naam vandaan kom – Cullinan is bekend vir die groot gat waar die bekendste diamant in die wêreld uitgehaal is.


Hugo le Roux het die eerste plek gewen met sy pampoen van 313 kg
Foto: Verskaf

Laatsomer se baie reën was nie goed vir pampoene nie en die Montana-gebaseerde Hugo se wenpampoen was meer as 200 kg ligter as die 556 kg bielie waarmee hy verlede jaar die Suid-Afrikaanse rekord opgestel het.

Marieta Nel het tweede plek verower met ‘n pampoen van 279 kg en Wicus Lampbrecht was in die derde plek met ‘n pampoen van 263 kg.

Die kompetisie-pampoene is verwerk en aan behoeftige mense geskenk.

 

© 2018 Die/The Bronberger