Hofuitspraak beslis dat belastingbetalers vergoed moet word PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 April 2009 13:38
Untitled Document

Elsabé Maré
Die Pretoriase Hooggeregshof het op 18 Maart ná die Dinokeng-grondeienaarsvereniging se jarelange stryd teen die Nokeng tsa Taemane Munisipaliteit in die guns van die grondeienaars beslis.

Regter George Webster het bevind dat die eiendomsbelasting vir twee jaar, 2003/ 2004 en 2004/2005, verkeerd bereken en verhaal is van die inwoners en dus nietig verklaar is.

Dit beteken dat alle inwoners wat onder dié munisipaliteit val, vergoed moet word vir die heffings wat verkeerdelik geëis is. Dié uitspraak sal toekomstige dispute oor onbillike eiendomsbelasting raak. In Die Bronberger se Februarie-uitgawe het die Cullinan inwonersvereniging juis na soortgelyke klagtes oor die Nokeng tsa Taemane Munisipaliteit verwys. Dié vereniging spook al meer as ’n jaar om terugvoer te kry oor inkorrekte en laat rekenings en rekenings wat nie afgelewer word nie.

’n Dispuut is hieroor en oor eiendomevaluasies, soos gepubliseer in die 2008/2009 munisipale begroting, verklaar maar geen terugvoer is van die munisipaliteit ontvang nie.

Inwoners word gedreig dat hulle krag afgesny sal word, wat al per geleentheid in Refilwe gedoen is, as hulle die optrede voortsit.

Aan die begin van April was eiendomme in Cullinan vir ’n paar dae sonder krag en selfs diegene wat nie aan die inwonersvereniging behoort nie, loop deur. David Wyche en Steve Kloppers van die inwonersvereniging, het regstappe namens lede van die vereniging geneem oor die kragonderbrekings.

 

© 2019 Die/The Bronberger