Doringdraadse draf op dreef PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 April 2018 12:28
Untitled Document

Die 31ste Bapsfonteinse ‘parkrun’ is op Saterdag 31 Maart op die plaas Doringdraad, so 3 km buite die dorp, gehou.

Dié is ‘n 5 km pretdraf of -loop en viervoetiges is welkom om deel te neem. Deelname is gratis en die dae word deur vrywilligers gereël.


Santie Louw van Pretoria draf langs Doringdraad se landerye met herfskleure en
kosmosse in die voorgrond
Foto: Troskie Neethling

Die Bapsfonteinse draf-stap is verlede jaar in September deur Bruce Fordyce geopen. Bruce het die konsep van ‘n ‘parkrun’ van die Verenigde Koninkryk na Suid-Afrika gebring.

Dit word elke Saterdag vanaf 8 vm op Doringdraad, die egpaar Troskie en Wilma Neethling se plaas, gehou. Troskie sê dat dié draf ‘n gemeenskapsding in die volste sin van die woord is. Bel Troskie by 082-558-6190 of Wilma by 083-292-5792.

 

© 2018 Die/The Bronberger