Watermeters vasgelê PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 April 2018 12:28
Untitled Document

Pretoria se oostelike voorstede loop deesdae deur onder die diefstal van watermeters.

Nege watermeters is verlede maand net in Faerie Glen as gesteel aangemeld, wat reuse waterlekkasies, waarvoor individuele huishoudings moet betaal, tot gevolg het.

Volgens sekuriteitsmaatskappye is die diewe agter die koper in die watermeters aan, maar hulle verkoop glo ook die ander onderdele.

In Maart is ‘n man aangekeer nadat hy met drie watermeters in Lynnwood Glen betrap is.


Watermeters word deesdae gesteel

As jou watermeter gesteel is, moet jy die voorval by jou naaste polisiestasie aanmeld. Jy moet onder eed verklaar dat die meter gesteel is en ‘n saaknommer kry.

Daarna kan jy die diefstal tussen 7.30 vm en 3.30 nm by die stadsraad aanmeld. Skakel 012-358-9060/62/19 of stuur ‘n faks na 012-358-9132. Die ná ure nommer is 012-358-2111.

Inligting wat verlang word is die straatnaam en -nommer en voorstad waar die watermeter gesteel is; jou munisipale rekeningnommer; jou polisiesaaknommer; en jou kontakbesonderhede.

As jou watermeter lek, ‘n pyp gebars het of jy geen watertoevoer tot jou huis het nie, skakel 012-358-9999, die ná ure nommer: 012-358-2111 of die tolvrye nommer: 080-111-1556.

 

 

© 2018 Die/The Bronberger