Rus-in-vrede iets van die verlede PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 April 2018 12:26
Untitled Document

Mense wat geliefdes in die Pretoria-Oos Begraafplaas begrawe het, sê dit is glad nie meer veilig om alleen daar besoek af te lê nie. Hulle kla dat die grensmuur tussen die begraafplaas en die plakkerskamp afgebreek is. Dit laat inwoners van dié kamp toe om water by die begraafplaas te gaan haal.


Die satellietfoto wys die Pretoria-Oos Begraafplaas met die plakkerskamp langsaan

In Januarie het ons berig dat ‘n kraan by die begraafplaas uitgedraai is en dat water onophoudelik by die ondergrondse pyp uitgestroom het. Stephan Oberholzer van Zwavelpoort, ’n gereelde besoeker aan dié begraafplaas, het gesê dat daar elke keer as hy by die begraafplaas aankom ’n ernstige lekkasie is.

Wyksraadslid vir dié gebied, Reyaan Uys, het die saak by die stadsraad aangemeld en het dit verder geneem met die streekspan. Hy het bevestig dat daar gereeld sulke waterlekkasies by die begraafplaas is.


Nuwe grafte in Pretoria-Oos Begraafplaas is al byna reg teen die plakkerskamp
Foto: Ron Sibiya

Party van die waterpunte in die begraafplaas is tot niet gemaak, maar dit blyk asof dit die plakkerskamp-inwoners nie keer om daar rond te loop nie. ‘n Vrou wat onlangs haar ma daar begrawe het sê sy het by die begraafplaaspersoneel gehoor dat hulle deur die plakkers aangeval word.

Sommiges maak glo ook ‘n gewoonte daarvan om grafstene en ornamente te steel

 

© 2018 Die/The Bronberger