Was hy dié Oom Gert? PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 April 2018 12:23
Untitled Document

Mauritz Naude van Ditsong Museums skryf:
Ek het pas julle Maart 2018 Bronberger gekry. Hierin skryf julle ‘n artikel oor oom Gert van Niekerk wat aan die oostekant van Krugerhuis in Kerkstraat gewoon het. Ek is besig met navorsing oor die gebou wat langs Krugerhuis staan en het die artikel baie sekuur en verrassend gevind.

Daar is verskeie vrae oor hierdie oom Gert. Die eerste foto van oom Gert (beeldhouwerk) lyk baie soos Oom Gert, die gelukbringerbeeldjie van die Tukkies. Is daar enige verband?

Uit die teks lei ek af dat oom Gert die eiendom besit het waarop die latere Bantoe Kommissarisgebou (Gamothle, 1939) opgerig is. Dieselfde gebou het later die hoofkantoor van die SAP Moord-en-Roof Tak geword. Dit is tans die hoofkantoor van die Ditsong Museums van Suid-Afrika. Het jy enige bronne waaruit hierdie inligting kom?  

Ons het die bronnelys vir Mauritz aangestuur en hom laat weet dat ons nie bewus is van ‘n verband tussen Tuks se gelukbringer en Gert van Niekerk nie. Lesers wat dalk weet kan ons kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-734-0522. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger