Stinkspul PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 April 2018 12:23
Untitled Document

Gideon van Zyl van die Bronberg Bewarea skryf:
Daar is ’n vullishoop langs die ingang van die Farmshed Handelaar aan Garstfonteinpad, Tierpoort.

Hierdie stinkende toneel begroet jou by die houers waar ek al die afgelope paar jaar leë bottels besorg. Die houers self is stampvol en kan weens die gemors voor dit nie bereik word nie.


Die opgehoopte vullis

Dit is ondenkbaar dat daar in dié onmiddellike onhigiëniese omgewing voedsel voorberei en verkoop word. ’n Mens wonder of daar nog iets soos gesondheidsinspekteurs bestaan?

 

© 2018 Die/The Bronberger