Raad nodig PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 April 2018 12:22
Untitled Document

Tinus Du Toit van Bronkhorstspruit skryf aan dr Liesel:
Dalk kan jy raad gee, want niemand in my omgewing weet meer wat om te doen nie.

Ons pekinees, nou ses maande oud, sukkel geweldig om te eet. Hy begin eet, dan hoes hy die kos op so asof hy verstik en sluk dit weer. So kan dit aangaan vir ’n geruime tyd.

Hy het ook baie slym en soms kan jy hoor hoe hy roggel. Party keer bring hy die slym op en as ons nie betyds is nie, sluk hy dit weer. Soms is dit so erg dat hy nie kan asem kry nie.

Soms sal hy normaal eet en dan net skielik begin met sy hoes- en sluk-aksie. Hy kan nie bederf word met iets lekkers nie, dan is dit ’n gehoes en geroggel van ’n ander wêreld.

Hy eet net droë blokkies en nie die goedkoop produkte nie. Ons koop kwaliteit kos en op ’n manier werk dit, maar net vir ’n rukkie. As hy afwyk van die kos, dan is hy eers erg. Die feit bly staan: selfs met die huidige kos is dit maar ’n gesukkel.

Terloops, hy bring ook baie winde op, so uit die maag uit, en hy eet nie vraatsig nie.

Ons het hom basies nou daagliks op ’n halwe alergex pilletjie, wat nogal help, wel tot ’n mate vir die slym, maar hy hoes en proes steeds soos iemand wat verstik.

Dr Liesel van der Merwe het Tinus solank privaat geantwoord. Sy sê dat sy volledige inligting wil verskaf en werk aan ‘n toekomstige rubriek oor sluk en verstik-probleme. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger