Promosies in die Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 April 2018 12:22
Untitled Document

Rina en Vic de Kock van Cullinan skryf:
Eerstens wil ons vir jou en jou span komplimenteer met Die Bronberger. Ons dink dit is ’n uitmuntende publikasie.

Ons sake-onderneming op Cullinan is amper een jaar oud en ons wil graag vorentoe in Die Bronberger adverteer. Ons wil hoor of daar nie ’n moontlikheid is dat Die Bronberger ’n artikel wil plaas oor die ontstaan en vestiging van ons onderneming nie. Daarna sal ons graag maandeliks ons gereelde advertensie wil plaas.

By voorbaat dankie en ons hoor graag van julle.

Brief verkort. Baie dankie vir julle belangstelling in Die Bronberger. Ons is ‘n onafhanklike gemeenskapspublikasie wat geen finansiële ondersteuning van enige groep of organisasie kry nie. Vir ons voortbestaan is ons totaal en al afhanklik van die verkoop van advertensies. Dit is ons lewensbloed en beteken dat ons nie gratis publisiteit aan ‘n winsgewende onderneming kan gee nie. Die goeie nuus is dat ons wel promosie-artikels plaas. Dit is dieselfde prys per cm as ons advertensies. Stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it om die tariewe en groottes by ons te kry. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger