In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Kosmosse kleur weer padreserwe en grasveld in Bronbergland in
Foto: Sonja Coetzee Jonker

Die sakkende son en ou wilgeboom weerkaats in ’n plaasdam op Welbekend
Foto: Ronell van der Merwe

Die son sak oor Tweedracht ná ’n goeie bui reën
Foto: Helena Naude Potgieter

Dié vriendelike volstruis stap die afgelope tien jaar gereeld saam met Emma Koekemoer en haar gesin as hulle besoek aflê aan ’n wildplaas naby Rayton

’n Koedoe met twee horings. Mathys Lubbe sê hy moes ’n hele ruk wag voor hy die twee koedoes so sewe meter van hom af kon ‘oplyn’

Ben van der Vyfer het die sakkende son oor Cullinan se gholfbaan afgeneem

Dié jagluiperd het by die Rietvlei Natuurreservaat voor Ben Schaap se kameralens verskyn

Carel Breytenbach van Kleinfontein wys hoe ‘n Boesmanspypblom kan tekere gaan

Rita Dreyer het dié sonsondergang oor Rayton Landgoed bewonder

Emma Koekemoer het ’n draai gemaak op die Harmonie-proteaplaas langs die Zonkololpad

Bianca Steyn sê dit is ’n voorreg om soggens deur só ’n sonsopkoms begroet te word. Sy het die foto naby Cullinan geneem

Die oranje skakerings van die herfs begin nader kom
Foto: Gene de Lange
|