Witties het spoed PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 March 2018 14:20
Untitled Document

Elf atlete van Laerskool Witpoort het die Gauteng-Noordspan gehaal. Met die distriksbyeenkoms van 22 Februarie het Witpoort vier eerste plekke, nege tweede plekke en ses derde plekke behaal. Die atlete wat deur is na die Gautengse Kampioenskappe is voor, van links na regs: David Becker, 80 m en 100 m; Christiaan Franken, 1 200 m; Matlatsi Sekanka, 1 200 m; en Isak Cloete, verspring. Agter: Luhan Vermeulen, 1 500 m; Jonelle Harmse, gewigstoot; Anja Maranta, hoogspring; Gustav Combrink, 75 m en 150 m hekkies; Sophia-Mari Botha, hoogspring; Nadia Roets, spiesgooi; en Andrè Meyer, 80 m hekkies

 

© 2018 Die/The Bronberger