Kuierhoekie luister na voëlpraatjie PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 March 2018 14:19
Untitled Document

Die Kuierhoekie, seniors van die NG Kerk Rayton, het op 27 Februarie na ’n praatjie oor voëls deur Paul Bosman, voorsitter van die kerk se ekologiegroep, geluister.

Paul het oor vyf groepe voëls gepraat: Voëls wat hulle name kry volgens hulle roepe; voëls met bekende roepe; voëls met mooi roepe; voëls wat iets sê; en broeiparasiete.


Paul Bosman
Foto’s: Ria Bosman

Foto’s van die voëls is op ’n groot skerm vertoon, terwyl hulle roepe in die agtergrond weerklink het. Die gehoor het die ‘voëls wat iets sê’-afdeling veral geniet. Hennie Malan het gehelp om die foto en roep van elke voël gelyktydig te vertoon.


Die uitstalling van voëlboeke

Paul het die gehoor probeer inspireer om voëlkyk as ’n stokperdjie te beoefen.

 

© 2018 Die/The Bronberger