Seniors op reis PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 March 2018 14:19
Untitled Document

Tierpoort Seniors is op 7 Maart met ‘n opwindende ‘reis’ by Kaya Beach in Garstfonteinweg verras.


Van links af om die tafel: Hannes en Renita Malherbe, Annatjie Pienaar, Sarel van Tonder, Andre Rossouw en Chris Grib

Na ‘n sitrus en gemmerdrankie is die 63 gaste deur Hanelie Jaume aan boord van die Katsi-boot verwelkom. Tafelgenote kon besluit tot waar hulle wou vaar om dan aan boord te gaan vir ‘n toer deur ons mooi land.


Smul-lekker op die warm ‘strand’

Op die Katsi-boot

Die ‘reisgenote’ het ‘n kaart gekry om te besluit watter roete hulle sou volg, mits hulle by vyf besienswaardighede aandoen. Die roete moes beskryf word en die res moes raai om punte per tafel aan te teken.


Hanelie Jaume verwag ‘n antwoord van Mara Janse van Rensburg

Daarna is gesmul aan vis en skyfies met slaaie wat deur die komitee voorsien is. Lisa Strassburg en haar span het dit voorberei. Strand-roomysies is deur ‘n komitee lid, Elaine Bothma, voorsien met die gebruiklike koffie en tee daarna.


Van links af om die tafel: Dirk Maree, Hannetjie Bloem, Lenie Cilliers en Martie de Klerk

Koppe bymekaar sit vir ‘n interessante roete
.
 

© 2018 Die/The Bronberger