Veldkursus vir kinders PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 March 2018 14:18
Untitled Document

Cullinan Bewarea bied op 4 en 5 April ‘n skool-veldwagterskursus vir leerlinge van graad R tot graad sewe aan oor ‘Ons Planeet Aarde’.

‘n Besoek aan Maropeng word op 6 April vir die ouer kinders beplan.

Onderwerpe wat gedek gaan word is: Ontstaan van die aarde; aardkors; vulkane; ontstaan van kontinente en berge; rotse; minerale; en gronderosie.


Die kursus se naam is ‘Ons Planeet Aarde’

Die koste is R150 per kind per dag. As meer as een kind per gesin die kursus bywoon is dit R120 per kind per dag.

Die kursus word by Casa Lee Country Lodge op plot 121 op die plaas Rietfontein in die Donkerhoek-omgewing aangebied. Die sluitingsdatum vir besprekings is 27 Maart.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2018 Die/The Bronberger